30/10/2026
‘𝐧 𝐄𝐫𝐚 𝐤𝐨𝐦 𝐭𝐨𝐭 ’𝐧 𝐞𝐢𝐧𝐝𝐞!
Vandag tree ons Kelderbestuurder, Gerrit van Zyl, af ná ’n besondere 40 jaar in die wynbedryf. Hy het die afgelope 20 jaar hiervan by Botha Kelder deurgebring.
Van Nietvoorbij, Badsberg, Bonnievale en Daschbosch tot by Botha Kelder het Gerrit deur die jare nie net ’n skatkis van kennis en ervaring opgebou nie, maar ook diep spore in die wynbedryf getrap.
Hy sal onthou word vir sy kennis, sy opregte menseverhoudings en die respek en waardering wat hy by soveel mense in die bedryf verdien het.
Gerrit, dankie vir jou jare se toewyding, jou bydrae tot die wynbedryf en die mens wat jy is. Mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met rus, vreugde en baie mooi oomblikke. Jy verdien dit!
Ons klink ’n glasie op die einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een. Cheers!
Breedekloof W**e Valley Wolseley Tourism Visit SA W**elands Chenin Blanc Association