Joi Handmade items made with love

20/02/2024

03/08/2022

Daar is ñ rede vir jou hoekom!

Het jy al gevra hoekom?

Hoekom moet dit soms so swaar gaan met my? Hoekom werk dinge nooit uit vir my nie? Hoekom het my man dit aan my gedoen? Hoekom moes dit met my kind gebeur? Hoekom laat die Here dit toe?

Soveel Bybel figure het ook hoekoms gehad. Moses het gevra hoekom God nou juis hom wou gebruik. Gideon het gevra hoekom gebeur sulke slegte goed met die volk as God by hulle was. Jona het gevra hoekom God die mense van Nineve wil red as hulle dan so sleg was.

Hoor wat Jakob gesê het:

“Jakob het vir hulle gesê: “Ek gaan weer van ’n kind beroof word. Eers is Josef dood, nou is dit Simeon wat ek dalk nooit weer sal sien nie, en dan wil julle ook nog vir Benjamin van my af wegvat. Hoekom moet sulke dinge altyd met my gebeur?””
(Genesis 42:36 DB)

Jakob het baie hoekoms gehad, die grootste hoekom was seker die feit dat hy gedink het sy geliefde seun was dood.

Maar min het Jakob geweet dat God ñ plan gehad het. Daar was ñ rede hoekom Josef weggeskeur moes word van sy pa. God het ñ groter prentjie in gedagte gehad, die redding van duisende mense.

Ons vra hoekom wanneer ons nie verstaan nie. Maar vrou jy moet besef dat God ñ rede het vir alles wat in ons lewens gebeur. Daar is ñ groter prentjie, daar is ñ ewigheid buite tyd en ruimte, en eendag sal al jou hoekoms hier beantwoord word.

Intussen moet jy ñ keuse maak om deur die seer en pyn van elke hoekom Hom nog steeds te vertrou, en te besef dat Sy plan verder strek as net hierdie lewe.

Vas aan Hom!
Anina 🦋

Personalized Fabric Joi dolls.
30/07/2022

Personalized Fabric Joi dolls.

18/07/2022

Dien Hom met vreugde ten spyte van onvervulde begeertes!

Elisa was ñ Ou Testamentiese profeet wat dikwels die dorp van Sunem besoek het. In die dorp was daar ook ñ vrou met ñ baie goeie hart. Sy het elke keer vir Elisa iets te ete gegee as hy die dorp besoek het. Later het sy selfs vir hom ñ kamer reg gemaak waar hy kon oorslaap.

Elisa aangeraak deur die vrou se hart en vrygewigheid, vra of hy iets vir haar kan doen? Haar antwoord, nee dankie, ek is gelukkig en tevrede. Sy het niks terug verwag vir dit wat sy vir die Here gedoen het nie.

Maar as jy God se karakter ken, sal jy weet dat Hy nooit sulke onvoorwaardelike dade van liefde ongesiens laat verby gaan nie.

Later vra Elisa vir sy slaaf Gehasi of hy weet of daar iets is wat hulle vir die vrou kan doen:

“…Daar is tog iets,” het Gehasi gesê, “sy het nie ’n seun nie en haar man is al ’n ou man.” Elisa sê toe: “Roep haar gou weer hier na my toe!” Toe sy daar bo kom, het sy in die deur van sy kamer bly staan. Hy het vir haar gesê: “Teen dié tyd volgende jaar sal jy ’n seuntjie in jou arms vashou.” Sy het skerp geantwoord: “Ag nee, Meneer! U is tog ’n man van God. Moenie ’n leuen vertel en my vals hoop gee nie!” Maar sy het begin verwag en omtrent ’n jaar later is haar seuntjie gebore, net soos Elisa voorspel het.”
(2 Konings 4:14-17 DB)

Hierdie vrou het ñ diep begeerte gehad, maar dit het haar nie gestop om nog steeds met vreugde die Here te dien nie.

Kies vandag om ten spyte van jou diep verlange en onvervulde begeertes nog steeds die Here met vreugde te dien, want as jy dit doen gee Hy vir jou so ñ wonderlike belofte:

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”
(Psalms 37:4 AFR83)

Die Amplified Bybel gee nog dieper betekenis aan dié vers:

“Delight yourself also in the Lord, and He will give you the desires and secret petitions of your heart.”
(Psalm 37:4 AMPC)

Mag jy Hom vandag met vreugde dien en weet dat Hy elke diep begeerte van jou hart ken en dat Hy dit op die regte tyd sal vervul!

Vas aan Hom!
Anina 🦋

I loved every minute of creating these adorable elephant memory bears.
22/11/2021

I loved every minute of creating these adorable elephant memory bears.

The sweetest Elephant Memory Bear. Created from Grandma’s top en Grandpa’s shirt.  ❤️’s
19/11/2021

The sweetest Elephant Memory Bear. Created from Grandma’s top en Grandpa’s shirt. ❤️’s

Excited to share this special Memory Bear - Mr Cow. Created from Grandpa’s shirt and Grandma’s scarf. Keeping the memori...
19/11/2021

Excited to share this special Memory Bear - Mr Cow. Created from Grandpa’s shirt and Grandma’s scarf. Keeping the memories of loved ones, close to your ❤️

🦖🦖T-Rex twins for my 2 boys. They ❤️ Dino’s.
26/07/2020

🦖🦖T-Rex twins for my 2 boys. They ❤️ Dino’s.

Ellie Elephant baby gift set with matching bib and softsole shoes
15/07/2020

Ellie Elephant baby gift set with matching bib and softsole shoes

Soft sole baby shoes
15/07/2020

Soft sole baby shoes

Address

Wilderness

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Joi posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category