Ons Winkel Vryheid

Ons Winkel Vryheid Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD

Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volg

ende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ons Winkel Vryheid Kom besoek ons,iets vir almal.Daagliks oop van 8:30vm tot 4:30nm
15/06/2026

Ons Winkel Vryheid
Kom besoek ons,iets vir almal.Daagliks oop van 8:30vm tot 4:30nm

12/06/2026

Die Kosblikkie-projek sorg dat kleuters daagliks 'n voedsame bord kos ontvang. Die hooffokus van die projek is om behoeftige kleuterskole met voeding te ondersteun.

Dit is baie kleuters se enigste maaltyd vir die dag.

Deur by te dra tot voedsame kos vir behoeftige kleuters, dra ons bord vir bord by tot 'n hoopvoller samelewing.

Besoek https://helpendehand.co.za/kosblikkie-donasie/ en dra vandag nog by tot die Kosblikkie-projek.

11/06/2026
11/06/2026

By *Ons Winkel Vryheid*maak ons n tydjie om so tussen die werk deur om bietjie te speel ook.Wat is nou lekkerder om gelukkig te wees in jou werk, en boonop n gemeenskap het wat jou ten alle tye ondersteun.
Dankie aan elke klieënt en skenker.
Dis jou winkel,dis *Ons Winkel.

Goeie dag,eerstens wil ek baie dankie sê aan elkeen wat ons ondersteun en ook skenk aan *Ons Winkel Vryheid*Ons is so da...
07/06/2026

Goeie dag,eerstens wil ek baie dankie sê aan elkeen wat ons ondersteun en ook skenk aan *Ons Winkel Vryheid*
Ons is so dankbaar aan elkeen wat daar is vir ons.
Ons het verskeie projekte wat befonds word met die gelde wat ons ontvang.Helpende hand doen alles deursigtig en probeer elke projek wat hul aanpak volhoubaar hou.Ons het reeds verskeie *Ons Plekke*in verskillende dorpe waar kinders nasorg en n bord kos kry.Skooltassies word voorsien aan minderbevoorregte kinders.Daar is ook n Help Hetta projek wat jong meisies by skole voorsien van sinatêre ware.Maatskaplike werkers is in elke provinsie wat ook omsien na maatskaplike behoeftes.Jaarliks word n groot aantal studente befonds om te studeer wat nooit die voorreg sou hê nie. Daar is 127 winkels en ons verskaf werk aan ongeveer 380 mense.Indien jul meer wil weer gaan besoek ons webruiste.Dankie vir n gemeenskap wat handevat,ons het mekaar nodig in die onsekere tye.
GROETE

Ons harte loop oor van dankbaarheid teenoor ons gemeenskap.DAnkie aan elke ondersteuner en skenker.Ons is geseënd om dee...
02/06/2026

Ons harte loop oor van dankbaarheid teenoor ons gemeenskap.DAnkie aan elke ondersteuner en skenker.Ons is geseënd om deel te wees van n gemeenskap wat met ons hande vat om n verskil te maak.Jaarliks is dit vir ons n voorreg om studente te kan help studeer,kinders met hul eerste skooltassie toe te rus,*Ons Plekke*in verskeie dorpe te help om kinders te voorsien van n bord kos.Jul help ons ook om Maatskaplikes werkers se salarisse te betaal,wat daagliks met maatskaplike krisisse help.Ons leef in n tyd waar ons nie anders kan as om hande te vat en saam te help n verskil maak.
Kom besoek ons gerus by die Pick&Pay gebou langs Vodacom.
Indien jy verhuis,afskaal of dalk net n huis vol wit olifante het wat jy nie meer gebruik.Skenk dit asb aan ons,ons kom tel dit op ook.
Kontak nr Zelda:0828593944

With Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging – I just made it onto their weekly engagement list by being one ...
26/05/2026

With Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging – I just made it onto their weekly engagement list by being one of their top engagers! 🎉

Het jy al gewonde,hoekom skenk aan die*Ons Winkel*Deur te skenk maak jy n reuse verskil in soveel lewens.Jy gee hoop,jy ...
26/05/2026

Het jy al gewonde,hoekom skenk aan die*Ons Winkel*
Deur te skenk maak jy n reuse verskil in soveel lewens.Jy gee hoop,jy voorkom armoede,jy maak daai een droom waar wat soveel jongmense het,om te studeer.Jy vat hande en maak saam met n klein gemeenskap n groot verskil wat n inpak het op baie mense se toekoms.Dankie aan elkeen wat ons daagliks ondersteun,wat skenk en sommer net inloer.Ons is lankal nie meer in daai tyd dat jy d**k jy dra nie tweedaanse klere nie,*Trifting* is nou al deel van elke vrou se daaglikse inkopies,dis waar jy die winskopies kry.Kom besoek ons gerus vir daai spesiale nommertjie wat die.koppe laat draai.

Address

139 A President Straat
Vryheid
3100

Opening Hours

Monday 08:30 - 16:00
Tuesday 08:30 - 04:00
Wednesday 08:30 - 16:00
Thursday 08:30 - 16:00
Friday 08:30 - 16:00
Saturday 08:30 - 12:30

Telephone

+27828593944

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Vryheid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Vryheid:

Share