14/08/2026
Oor die volgende paar dae gaan ek met julle my beplanning vir Oktober maand deel. π©·
Soos julle weet, beplan ek en 2 ander engele wat ingespring het om te help, om 35 care-pakkies saam te stel vir Breast Cancer Awareness Month. π
Ek het besluit op 35 pakkies omdat ek hierdie jaar 35 word. π€π©·
Ek het tans nog nie βn organisasie gekies nie. Indien enige iemand weet van βn klein organisasie, groep of selfs mense wat hierdie ondersteuning regtig nodig het, laat weet my asseblief. Tag hulle sommer hier onder.ππ»
Ek wil graag iets doen vir βn kleiner organisasie wat dalk nie dieselfde groot support system het as van die groter organisasies nie. Ek wil hΓͺ hierdie pakkies moet gaan na vrouens wat dit werklik nodig het. π₯Ήπ©·
As daar enige iemand is wat graag βn donasie of bydrae wil maak tot die care-pakkies, is julle meer as welkom om my te kontak. Ek wil dit graag so spesiaal as moontlik maak. πβ¨
Ook aan enige besighede wat graag βn produk of geskenkie vir die pakkies wil borg β julle is baie welkom! π©· Julle besigheid sal natuurlik genoem word en blootstelling kry.
Maar onthou asseblief⦠ons doen dit nie vir die blootstelling nie.
Ons doen dit uit liefde, omgee en βn behoefte om iets mooi vir iemand anders te doen. β€οΈ
Vir ander vrouens wat dalk deur een van die moeilikste seisoene van hul lewe gaan β vrouens wat net βn bietjie ondersteuning, liefde, hoop en moed nodig het. πΈπ
35 pakkies. 35 vrouens. Een groot hart vol liefde. π©·
As jy weet van iemand of βn klein organisasie wat hierby kan baat, of jy wil graag deel wees van hierdie projek, stuur my asseblief βn boodskap. π₯°
Pink Girl Tribe Nadia Smit