Plaasklonkies Kleuterskool

Plaasklonkies Kleuterskool Plaasklonkies Kleuterskool is 'n Christelike Kleuterskool waar ons daarna streef om 'n atmosfeer te skep waarin kinders kan leer deur spel.
(1)

Gelukkige Jeugdag! Vandag vier ons die drome, energie en potensiaal van elke kind. 🩵🩷Aan al ons klein dromers, ontdekker...
16/06/2026

Gelukkige Jeugdag!

Vandag vier ons die drome, energie en potensiaal van elke kind. 🩵🩷

Aan al ons klein dromers, ontdekkers en toekomstige leiers – mag julle harte vol vreugde wees, julle drome groot wees en julle toekoms helder skyn. ✨

By Plaasklonkies glo ons dat elke kind uniek is en die vermoë het om wonderlike dinge te bereik. Julle is ons trots, ons inspirasie en die bouers van môre se wêreld ⭐️

💫 Hou aan droom.
💫 Hou aan ontdek.
💫 Hou aan groei.

05/06/2026

Tema: Beroepe

Ons klein dokters was hard aan die werk! 👩‍⚕️🩺

Nadat Willow van haar fiets afgeval het, het die Kalfies haar gedokter en versorg. Gelukkig is sy nou weer gesond en reg vir skool! 😊🎒

🌸 Gelukkige Moedersdag! 🌸Aan al die wonderlike mammas…dankie vir julle liefde, geduld, drukkies en al die klein dingetji...
10/05/2026

🌸 Gelukkige Moedersdag! 🌸

Aan al die wonderlike mammas…dankie vir julle liefde, geduld, drukkies en al die klein dingetjies wat julle elke dag met soveel liefde doen. 💖

By Plaasklonkies vier ons elke mamma wat met haar hart lei en elke kind spesiaal laat voel. Julle is werklik onmisbaar. 🌷

Mag julle dag gevul wees met liefde, lag en mooi herinneringe saam met julle geliefdes!

Dankie Stuart & Samuel vir die opvul van potholes! 🚖🛣️
05/05/2026

Dankie Stuart & Samuel vir die opvul van potholes! 🚖🛣️

08/04/2026

Ons het Paasfees gevier saam met ons kleuters deur hulle op ‘n eenvoudige en liefdevolle manier te leer van Jesus se groot liefde vir ons. ✝️

30/03/2026

Soos Paasfees nader kom ✝️
leer ons kleuters van liefde wat alles oorwin…
Klein kruise, groot boodskap 💕

21/03/2026

Personeel Prank 🤣
Ons het die personeel se foto’s vir ons website ge-edit met die wildste haarstyle… hul reaksies is priceless! 😂 Wie lyk die beste? 👀

20/03/2026

Tema: Gesondheid & higiëne 🍇🧘🦠 Skillie Skilpad het kom kuier om ons te leer watter oefeninge ons ruggies sterk en gesond hou 🐢

https://www.facebook.com/share/p/1C7PURy6oP/?mibextid=wwXIfr
28/02/2026

https://www.facebook.com/share/p/1C7PURy6oP/?mibextid=wwXIfr

Ek kyk na die opskrif: “Gr. 1: Net 1 uit 3 kan lees.”
En my eerste reaksie is nie woede nie. Dis bekommernis. Wat presies verwag ons van ses- en sewejariges? Ons het ’n akademiese gejaagde nasie geword. ’n Nasie wat meet, toets, vergelyk, druk en versnel. En êrens in daardie jaag, verloor ons iets kosbaars — kindwees.
‘n Kind is in Graad 2. Sy dag lyk so: Skoolwerk, naskool, huiswerk, naskool aktiwiteite (en baie keer kry sport aktiwiteite meer druk as akademie), in die aand weer hersiening,
Waar is die breek? Waar is die speel? Waar is die verbeelding, die bou van forte, die klim in bome, die vuil hande en die kreatiewe chaos?
Ons kinders leef onder konstante prestasiedruk. Hulle moet lees, vinnig lees, begryp, presteer. Hulle moet sigwoorde ken, spoed ontwikkel, assesserings slaag. En as hulle sukkel, voel dit asof hulle “agter raak”. Maar miskien is die vraag nie of die kind agter is nie. Miskien is die stelsel heeltemal verkeerd.
Het ons nie iets verloor nie? Ek wonder ernstig of ons nie moet teruggaan na sekere “ou dae” beginsels nie: Leer kinders weer ordentlik spel, bou sterk fonetiese grondslag, minder spoed, meer begrip en minder volume en meer bemeestering.
Spoedlees en sigwoorde het hul plek, maar wanneer dit die fondament vervang, bou ons huise sonder mure. ’n Kind wat stadig en deeglik leer lees, maar met begrip en selfvertroue, is baie sterker as ’n kind wat vinnig deur woorde hardloop sonder sekerheid.
Ontwikkeling kan nie geforseer word nie
Kinders ontwikkel nie almal op dieselfde tempo nie. Veral seuns (en baie navorsing wys dit) ontwikkel taalvaardighede soms effens later as meisies. Dit beteken nie hulle is minder slim nie. Dit beteken hul brein ontwikkel anders.
Wanneer ons te vroeg te veel druk, gebeur drie dinge: hulle begin hulself as “nie goed genoeg” sien, skool word ’n bron van angs en motivering word vervang met vrees vir mislukking. En dit breek my hart.
Kinders het speel nodig – dis nie ’n luukse nie. Speel is nie tydmors nie. Speel bou probleemoplossing, sosiale vaardighede, kreatiwiteit, emosionele regulering en selfvertroue. Wanneer ’n kind net presteer en nooit asemhaal nie, steel ons iets van hul ontwikkeling. Ons steel hul natuurlike groei.
Ons as ouers voel ook die druk. Ons wil nie hê ons kinders moet agter raak nie.
Ons wil hê hulle moet geleenthede hê. Maar wanneer het ons begin glo dat meer werk altyd beter uitkomste beteken? Meer huiswerk beteken nie noodwendig meer begrip nie.
Meer druk beteken nie noodwendig meer dissipline nie. En vroeë akademiese intensiteit beteken nie noodwendig beter volwassenes nie.

12/02/2026

Wanneer ’n klein dogtertjie só graag skool toe wil kom, weet ons ons doen iets reg 💛
Hier wag maatjies, pret en baie liefde… en sy wil nie ’n oomblik mis nie!

Bondeltjie cuteness 🩷



Video geplaas met mamma se toestemming 🤗

Address

75 Ravel Road
Vanderbijlpark
1911

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Plaasklonkies Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share