Ons Winkel Uitenhage

Ons Winkel Uitenhage Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Ges

inne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

29/01/2026

Solidariteit Helpende Hand Uitenhage bied aan:

Valentyns-mandjiedans
Ten bate van HelpHetta/HelpHennie

“Hier is ons hand – gee vandag joune.”

Kom vier die liefde en maak ’n verskil in iemand se lewe.

Datum: 14 Februarie 2026
Tyd: 18:00 vir 18:30
Venue: Arabest-trouvenue, Elandstraat 57, Despatch

Kaartjies: R150 per paar
Drag: Slentersjiek (smart casual)
Bring saam: Jou eie peuselgoed
Kontantkroeg beskikbaar

Kaartjies beskikbaar by:

Melinda – 066 286 3745
Erica – 081 460 3861

Donasies welkom:

Aanrol-deodorant vir mans, tandeposte & seep

Kom dans, lag en deel die liefde – jou teenwoordigheid en bydrae kan ’n ligpunt wees in iemand anders se lewe.

Kom kyk!  Baie mooi 'groot sizes' in voorraad! Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging Ons Winkel Uitenhage
27/01/2026

Kom kyk! Baie mooi 'groot sizes' in voorraad!
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Ons Winkel Uitenhage

Kom loer in....  voorraad word heeltyd uitgepak! Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging Ons Winkel Uitenhage
27/01/2026

Kom loer in.... voorraad word heeltyd uitgepak!
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Ons Winkel Uitenhage

Neat Brandwag tracksuite in stock!Klein skool hempies nou uitgepak! Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging O...
26/01/2026

Neat Brandwag tracksuite in stock!

Klein skool hempies nou uitgepak!
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Ons Winkel Uitenhage

24/01/2026
Ons is oop tot 12uur toe!
24/01/2026

Ons is oop tot 12uur toe!

Thank you for your support!Dankie vir jul ondersteuning!Ons Winkel Uitenhage Helpende Hand - Deel van die Solidariteit B...
21/01/2026

Thank you for your support!
Dankie vir jul ondersteuning!

Ons Winkel Uitenhage
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Beautiful christening gown.....Te pragtig! Ons Winkel Uitenhage Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
20/01/2026

Beautiful christening gown.....
Te pragtig!

Ons Winkel Uitenhage
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Ek soek nogsteeds vir Bersig skool klere asb.... enige skool klere word waardeer.Kom kyk wat ek het as julle nog iets so...
20/01/2026

Ek soek nogsteeds vir Bersig skool klere asb.... enige skool klere word waardeer.
Kom kyk wat ek het as julle nog iets soek.....
Whatsapp: 0828210959
Groete, Malinda

Ons Winkel Uitenhage
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Whatsapp 0828210959 MalindaOns Winkel Uitenhage Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
19/01/2026

Whatsapp 0828210959
Malinda
Ons Winkel Uitenhage
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Address

10 Bubbs Avenue, Uitenhage, Eastern Cape
Uitenhage
6229

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27817980190

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Uitenhage posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Uitenhage:

Share