Ons Winkel Swellendam

Ons Winkel Swellendam Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente.

Pragtige baadjies en truie by Ons Winkel Swellendam!Kom koop jou wintersitem teen 'n winskoop en spaar!📍Voortrekstraat 8...
27/06/2026

Pragtige baadjies en truie by Ons Winkel Swellendam!

Kom koop jou wintersitem teen 'n winskoop en spaar!

📍Voortrekstraat 83, Swellendam
☎️Anna-Marie 083 704 9917

21/06/2026

🌟 Gelukkige Vadersdag! 🌟

Vandag bring die Helpende Hand Wes-Kaap Streek hulde aan elke pa, oupa, stiefpa en vaderfiguur wat met liefde, opoffering en toewyding 'n verskil in die lewe van ander maak.

Dankie vir die leiding wat julle gee, die waardes wat julle leef en die ondersteuning wat julle elke dag bied. Julle is 'n bron van krag, hoop en inspirasie vir julle gesinne en gemeenskappe.

Mag hierdie Vadersdag gevul wees met waardering, liefde en kosbare oomblikke saam met dié wat julle die liefste het.

💙 Aan al die wonderlike vaders – dankie vir die onskatbare rol wat julle speel. Julle maak 'n blywende verskil.

18/06/2026

Wees asseblief bewus van die volgende bedrogspul – Solidariteit Welvaart. Dit is vals bemarking, fopnuus en nie ‘n bestaande instelling van die Solidariteit Beweging nie.

Die relevante instellings is in kennis gestel.

Helpende Hand sal ook nooit vra vir jou bankbesonderhede of wagwoorde nie. Indien jy enige twyfel het, kontak ons gerus by 012 111 8360 of stuur 'n e-pos na [email protected]

Ons Winkel Swellendam is oop môre, vanaf 8:30 tot 1 uur!Kom kuier vir ons!
15/06/2026

Ons Winkel Swellendam is oop môre, vanaf 8:30 tot 1 uur!

Kom kuier vir ons!

11/06/2026

Elke kind verdien die geleentheid om sy of haar volle potensiaal te bereik. Daarom bly gehalte-onderwys een van die belangrikste beleggings wat ons in die toekoms van ons gemeenskappe kan maak.

Hannes Noëth van Solidariteit Helpende Hand glo dat sterk skole en toegewyde opvoeders die fondament lê vir 'n geslag wat met selfvertroue, vaardighede en hoop die toekoms kan aanpak.

Sluit op 23 Junie by die Toekomsberaad aan en op 24 en 25 Junie by die SOS-Kongres, waar ons saam d**k oor die uitdagings en geleenthede wat vir Afrikaanse onderwys voorlê.

Registreer hier: www.soskongres.com

Daar is iets vir elkeen in Ons Winkel Swellendam!Kom kry jou "iets" vandag!Dis my winkelDis jou winkelDis Ons Winkel!📍Vo...
09/06/2026

Daar is iets vir elkeen in Ons Winkel Swellendam!

Kom kry jou "iets" vandag!

Dis my winkel
Dis jou winkel
Dis Ons Winkel!

📍Voortrekstraat 83, Swellendam (tussen
Platteland Motors en Courier Guy)
☎️Anna-Marie 083 704 9917 (WhatsApp)

09/06/2026
09/06/2026

Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.

Jou item is nie net 'n item nie, dit is 'n toekoms.

Vind aan jou naaste ons winkel hier: https://helpendehand.co.za/ons-winkel/

Swellendam gemeenskap, skenk asseblief jou ongebruikte klere, huisraad, linne, speelgoed, meubels en enigiets bruikbaars...
03/06/2026

Swellendam gemeenskap, skenk asseblief jou ongebruikte klere, huisraad, linne, speelgoed, meubels en enigiets bruikbaars aan Ons Winkel Swellendam!🧥🥾🧣👖🧸🎾🏉🏑🏓🎨🖼

Jou skenking maak 'n verskil in die gemeenskap! Uit die gemeenskap, vir die gemeenskap!

Dankie aan elke klient wat ons ondersteun met aankope en skenkings! Ons waardeer jou!🧡

📍Voortrekstraat 83, Swellendam (langs
Courier Guy)
☎️ Anna-Marie 083 704 9917 (WhatsApp)

Address

Winkel 4, Voortrekerstraat 83
Swellendam
6740

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 08:30 - 13:00

Telephone

+27837049917

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Swellendam posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share