24/08/2026
Uit die Beek 2027: 365 Dagstukkies (Sagteband) deur Stephan Joubert is nou beskikbaar by Tabeel Stilbaai @ R 279-90.
Uit die Beek bied al generasies lank geestelike leiding en inspirasie vir gelowiges. Vanjaar is die 102de jaar van Uit die Beek en die tweede jaar deur bekroonde skrywer Stephan Joubert. Dit merk ook ons tweede jaar in die vier-jaar-reis wat ons deur die Bybel lees.
Uit die Beek 2027 is vol toeganklike, kragtige dagstukkies met ’n teksvers en gebed vir elke dag. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe.