Hello Gorgeous

Hello Gorgeous Waar drome & passie een word

Ek het vandag ‘n nuwe beskuit soort vir Hello Gorgeous uit getoets en dit is wragtig LEKKER!!Daar sal ‘n paar pakkies Ma...
13/06/2026

Ek het vandag ‘n nuwe beskuit soort vir Hello Gorgeous uit getoets en dit is wragtig LEKKER!!
Daar sal ‘n paar pakkies Maandag op die rak wees 🍒

11/06/2026

Hierdie is ‘n lang video, maar defnitief die moeitewerd om te kyk!

Hello Gorgeous het soveel mooi & nuwe egteleer sakke ingekry. Hier is verseker iets vir elkeen se smaak en sak.

‘n Sak vir elke geleentheid en smaak!

WhatsApp Marisa op 082 404 3620 om jou sak te koop.

09/06/2026

Hello Gorgeous het die MOOISTE Vadersdag koekies ingekry!

Kyk net hoe lyk hulle, Busy Bee het haarself weer oortref met hierdie mooi koekies!

Onthou dat jy jou eie Vadersdag boksie hier by die winkel kan kom pak.

Hier is soveel mooi & oulike voorraad.

WhatsApp Marisa op 082 404 3620.

Hierdie oulike koekies is by Hello Gorgeous beskikbaar.Iets lekkers vir die kinders om te doen en te eet!Daar is net 1 v...
08/06/2026

Hierdie oulike koekies is by Hello Gorgeous beskikbaar.

Iets lekkers vir die kinders om te doen en te eet!

Daar is net 1 van elk beskikbaar, so laat weet my dadelik as jy van dit wil hê. Pryse is onder elke foto.

WhatsApp Marisa op 082 404 3620 om joune te koop.

D A N K I EBaie dankie vir ‘n baie suksesvolle 10 de mark vir Hello Gorgeous!Baie dankie aan elke persoon wat hierdie da...
08/06/2026

D A N K I E

Baie dankie vir ‘n baie suksesvolle 10 de mark vir Hello Gorgeous!

Baie dankie aan elke persoon wat hierdie dag by gewoon het, elke persoon wat iets gekoop het en baie dankie aan elke uitstaller! Sonder julle sou hierdie dag nie so ‘n groot sukses gewees het nie!

Dankie aan almal wat bygedra het tot AfriForum se projek! Met al die geld wat ingesamel is sal hulle ‘n paar gate in Sannieshof kan toe maak.

Ek hoop dat julle hierdie dag net so baie soos ek geniet het.

Skryf solank Hello Gorgeous se Koop & Kuier Kersmark in jou dagboek! Saterdag, 7 November 2026. Dan hou ons weer heerlike mark.

Dankie ook aan elke persoon wat van vêr gekom het om die mark by te woon!

Marisa 🫶🏻

05/06/2026

VEERTIEN bokse PROPVOL NUWE VOORRAAD is hierdie afgelope week vir julle in Hello Gorgeous uitgepak!

Dit lyk en klink vir julle dalk na net ‘nog iets’, maar vir my is dit nogals ‘n BIG DEAL! My hart bars vanaand van trots om te kan d**k dat ek so baie mooi & nuwe voorraad op eenslag kan bestel en in die winkel uitpak!

Die van julle wat dalk self ‘n winkel het sal weet hoekom glimlag ek so lekker!

Al hierdie is net moontlik deur die genade van die Here!

Onthou van Hello Gorgeous se Koop & Kuier Wintersmark môre. Kom stap saam en help op so manier om Sannieshof op te kikker!

Hier gaan ook ‘n ‘Sonstraal Karretjie’ wees waarop julle kan ry en ander aktiwiteite.

Hier gaan ook heerlike kos, koek en allerhande eetgoed wees asook mooi geskenke en plante.

⏰Stap om 09:00 & Stalletjies on 10:00
📍Hello Gorgeous, Spoelstralaan 27, Sannieshof
🗓️Saterdag, 6 Junie 2026

WhatsApp Marisa op 082 404 3620 vir meer inligting.

03/06/2026

Mooi nuwe Water & Tarnishproof juwele is vandag weer in Hello Gorgeous uit gepak.

Gereed vir Saterdag se Koop & Kuier Wintersmark, julle wil dit nie mis nie!

WhatsApp Marisa op 082 404 3620 vir meer inligting.

Hello Gorgeous hou Saterdag, 6 Junie 2026 weer ‘n heerlike Koop & Kuier Wintersmark!Hier sal soos altyd heerlike ververs...
02/06/2026

Hello Gorgeous hou Saterdag, 6 Junie 2026 weer ‘n heerlike Koop & Kuier Wintersmark!

Hier sal soos altyd heerlike verversings wees om aan te peusel en om huis toe te neem asook plante, geskenke en soveel meer!

Kom wees ook deel van die pret stap vir AfriForum waar ons gaan geld insamel om Sannieshof op te knap. As jy nie kan of wil saam stap nie is jy welkom om ‘n donasie te gee!

Stap begin om 09:00 vanaf Hello Gorgeous
Stalletjie verkope begin om 10:00

Bring die hele gesin saam, ja vir Pappa ook, hulle kuier gewoonlik die lekkerste!

WhatsApp Marisa op 082 404 3620 vir enige navrae

Soveel mooi & nuwe items word uitgepak & gemerk om op Hello Gorgeous se rakke te pak vir volgende Saterdag - 6 Junie - s...
28/05/2026

Soveel mooi & nuwe items word uitgepak & gemerk om op Hello Gorgeous se rakke te pak vir volgende Saterdag - 6 Junie - se Koop & Kuier Wintersmark.

As jy gister in die winkel was en vandag hier kom sal jy sien dat dinge klaar anders lyk. Verskoon asseblief die ‘deurmekaar’ wat daar mag wees vir die volgende paar dae, maar ek probeer om alles so gou as moontlik vir julle weer mooi en netjies te kry.

Julle weet mos nou al Hello Gorgeous moet altyd geskuif en verander word voor ‘n mark sodat die winkel weer mooi & nuut vir julle kan lyk wanneer julle die oggend hier instap!

Dankie vir elke een van julle wat geduldig is met my en my hart en behoeftes verstaan 🤍

27/05/2026

Address

27 Spoelstralaan
Sannieshof
2760

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 15:00

Telephone

+27824043620

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hello Gorgeous posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category