15/07/2026
Ek het ń spesiale geskenk versoek gekry, ń seuntjie en dogtertjie koala.
Ek het elke oomblik geniet om die 2 te maak, daar is nie woorde om die gevoel te beskryf as jy begin sit en beplan, en die idee in jou kop word ń fisiese item wat net 'adorable' is nie.
Soms sit ek weke en werk aan ń patroon, dan is daar kere wat elke ry net perfek uitwerk, dan gebeur als sommer op een dag, beplan, patroon skryf en die maak van so item... Lovit❤️