Ons Winkel Silverton

Ons Winkel Silverton Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD

Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir

die volgende kwesbare groepe:

• Kinders

• Gesinne

• Persone met gestremdhede

• Ouer persone

Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:

Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie. Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees. Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus. Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:

Haatspraak teenoor enige instansie of individu

Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand

Aanhitsing tot geweld

Rassisme

Seksisme

Laster

Kru taalgebruik

Ander aanstootlike inhoud

Pornografiese materiaal of kommentaar

Strooipos of bemarking van jou produk of diens


Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:

Statutêre maatskaplike dienste:

Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:

Verbands- of huuronkostes

Elektrisiteitsrekeninge

Herstelkostes aan wonings

Trek- of reisonkostes

Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede

Begrafnisdienste

Borgskappe

Behuising:

Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Mooi voorraad.Kom KuierKontak Doreen0714374964
24/06/2026

Mooi voorraad.
Kom Kuier

Kontak
Doreen
0714374964

23/06/2026
Pragtige skatte. Ongelooflike pryse.Kom loer gou.Kontak Doreen 071 437 4964
23/06/2026

Pragtige skatte. Ongelooflike pryse.

Kom loer gou.

Kontak

Doreen
071 437 4964

Kom geniet jou Saterdag by ons.Lekker atmosfeer en vriendilike pryse.KontakDoreen071 437 4964
20/06/2026

Kom geniet jou Saterdag by ons.

Lekker atmosfeer en vriendilike pryse.

Kontak

Doreen
071 437 4964

Hier by ons is mooi voorraad en mooier pryse. Kom kuier gerus.Doreen 0714374964
19/06/2026

Hier by ons is mooi voorraad en mooier pryse.

Kom kuier gerus.

Doreen
0714374964

Address

Pretoria Straat 528, Penny Farthing Center By Die Noise Boys
Pretoria
0127

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27714374964

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Silverton posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Silverton:

Share