KultuurKafee

KultuurKafee Welkom by die Kultuurkafee, jou tuiskomplek vir jou erfenis. Dra jou erfenis in jou sak met ons reeks Afrikaanse produkte.

Ons vier die mooi van ons taal met eg Suid-Afrikaanse produkte soos gin-glase, koffieflesse en sakke.

Sommige goed laat ’n huis sommer nét meer soos huis voel. Hierdie George Ballot-kussing is een van hulle.Vir slegs R150 ...
20/08/2026

Sommige goed laat ’n huis sommer nét meer soos huis voel. Hierdie George Ballot-kussing is een van hulle.

Vir slegs R150 kry jy ’n kussing met volkleurdruk wat ewe lekker op die rusbank, stoep of gunstelingstoel pas. Ook ’n oulike geskenk vir enige George Ballot-aanhanger.

Gooi sommer nou joune in jou aanlyn mandjie.

🛒 Koop aanlyn: https://kultuurkafee.com/shop/kussings/toekomsbou-museumteater/kussings-george-ballot/

📚 𝗩𝗿𝘆𝗵𝗲𝗶𝗱 𝗲𝗻 𝗢𝗼𝗿𝘃𝗹𝗼𝗲𝗱 – Dr. Carel BoshoffWat beteken ware vryheid? En hoe leef ’n mens met dankbaarheid in ’n wêreld wat...
20/08/2026

📚 𝗩𝗿𝘆𝗵𝗲𝗶𝗱 𝗲𝗻 𝗢𝗼𝗿𝘃𝗹𝗼𝗲𝗱 – Dr. Carel Boshoff

Wat beteken ware vryheid? En hoe leef ’n mens met dankbaarheid in ’n wêreld wat altyd méér vra?

In 𝘝𝘳𝘺𝘩𝘦𝘪𝘥 𝘦𝘯 𝘖𝘰𝘳𝘷𝘭𝘰𝘦𝘥 nooi dr. Carel Boshoff lesers uit om opnuut na die lewe en keuses te kyk. Die boek wys hoe ’n lewe wat deur onvergenoegdheid en skaarste gedryf word, verruil kan word vir een van dankbaarheid, sorg en oorvloed.

Met insiggewende besinning oor die werklikheid, verantwoordelikheid en die waarde van bewuste keuses, is hierdie boek ideaal vir lesers wat graag dieper nadink oor die lewe en hul plek daarin.

🛒 Bestel aanlyn: https://kultuurkafee.com/shop/boeke/vryheid-en-oorvloed-deur-dr-carel-boshoff/

Die stories om die braaivleisvuur raak sommer nóg beter met die regte beker in die hand.Hierdie Paul Kruger-bierbeker ko...
19/08/2026

Die stories om die braaivleisvuur raak sommer nóg beter met die regte beker in die hand.

Hierdie Paul Kruger-bierbeker kos slegs R150 en is ’n 475 ml-glasbierbeker met volkleurdruk. ’n Mooi toevoeging tot jou versameling of die ideale geskenk vir iemand wat ’n waardering vir die Anglo-Boereoorlog en sy geskiedenis het.

🛒 Gooi sommer nou joune in jou aanlyn mandjie.

🔗 Koop aanlyn: https://kultuurkafee.com/shop/drinkware/bierbekers/anglo-boereoorlog-paul-kruger/

Dis mos die klein goed wat ’n tafel besonders maak.Hierdie Pierneef-linosnee-plekmatjies kos slegs R400 vir ’n stel van ...
19/08/2026

Dis mos die klein goed wat ’n tafel besonders maak.

Hierdie Pierneef-linosnee-plekmatjies kos slegs R400 vir ’n stel van vier. Elke plekmatjie is 400 × 300 mm, het ’n rubber onderkant om mooi in plek te bly en is wasmasjienvriendelik – prakties én mooi.

Perfek vir jou eie eetkamertafel of as ’n geskenk vir iemand wat kuns en kultuur waardeer.

🛒 Gooi sommer nou joune in jou aanlyn mandjie.

🔗 Koop aanlyn: https://kultuurkafee.com/shop/plekmatjies/pierneef-plekmatjie-linosnee-stel-van-4/

Die KultuurKafee is nie net ’n gewone aanlyn winkel nie, maar ’n platform wat die Afrikaner se ryk kultuur, tradisies, e...
18/08/2026

Die KultuurKafee is nie net ’n gewone aanlyn winkel nie, maar ’n platform wat die Afrikaner se ryk kultuur, tradisies, erfenis, geskiedenis en taal bevorder deur ’n verskeidenheid eksklusiewe produkte.

As ’n geregistreerde herverkoper ontvang u 15%-korting op die kosprys van alle produkte, wat u die geleentheid bied om betekenisvolle wins te maak sonder om hoër geprys te wees as ons aanlyn winkel. U het ook die vryheid om u eie herverkoopprys vas te stel.

Ons wil u graag nooi om deel te word van hierdie inisiatief as ’n herverkoper van ons produkte.

Besoek gerus ons webwerf by www.kultuurkafee.com om die reeks produkte te verken. Indien u belangstel om as ’n goedgekeurde herverkoper te registreer, kontak ons gerus. by [email protected]

Daar’s T-hemde ... en dan is daar dié een wat mense twee keer laat kyk. 😉Die Beeskraal Woodstock Bruin T-hemp kos slegs ...
18/08/2026

Daar’s T-hemde ... en dan is daar dié een wat mense twee keer laat kyk. 😉

Die Beeskraal Woodstock Bruin T-hemp kos slegs R300 en is beskikbaar in groottes S tot 6XL. Gemaklik, stylvol en gemaak vir die braai, die kuier of sommer elke dag se dra.

🛒 Gooi sommer nou joune in jou aanlyn mandjie.

🔗 Koop aanlyn: https://kultuurkafee.com/shop/t-hemde/beeskraal-woodstock-bruin/

📚 𝘞𝘪𝘯𝘵𝘦𝘳𝘯𝘢𝘨 – 𝘝𝘦𝘳𝘴𝘢𝘮𝘦𝘭𝘥𝘦 𝘵𝘰𝘰𝘯𝘴𝘦𝘵𝘵𝘪𝘯𝘨𝘴Vier die skoonheid van Afrikaanse poësie en musiek met 𝘞𝘪𝘯𝘵𝘦𝘳𝘯𝘢𝘨 – 𝘝𝘦𝘳𝘴𝘢𝘮𝘦𝘭𝘥𝘦 𝘵𝘰𝘰𝘯𝘴...
17/08/2026

📚 𝘞𝘪𝘯𝘵𝘦𝘳𝘯𝘢𝘨 – 𝘝𝘦𝘳𝘴𝘢𝘮𝘦𝘭𝘥𝘦 𝘵𝘰𝘰𝘯𝘴𝘦𝘵𝘵𝘪𝘯𝘨𝘴

Vier die skoonheid van Afrikaanse poësie en musiek met 𝘞𝘪𝘯𝘵𝘦𝘳𝘯𝘢𝘨 – 𝘝𝘦𝘳𝘴𝘢𝘮𝘦𝘭𝘥𝘦 𝘵𝘰𝘰𝘯𝘴𝘦𝘵𝘵𝘪𝘯𝘨𝘴 – 'n besondere liedbundel wat tydlose Afrikaanse gedigte nuwe lewe gee deur toonsettings.

Saamgestel deur Jaco Meyer en Coert Grobbelaar, is hierdie bundel 'n waardevolle toevoeging vir musiekliefhebbers, kore, sangers en elkeen wat die rykdom van Afrikaans wil koester. Dit bring woord en melodie op 'n besondere manier bymekaar en help om ons digkuns vir nuwe geslagte lewend te hou.

🛒 Bestel aanlyn: https://kultuurkafee.com/shop/boeke/winternag-versamelde-toonsettings/

Hierdie Sy is dapper-ginbeker kos slegs R220 en is versier met pragtige positiewe bevestigings. Die 350 ml-geïsoleerde m...
17/08/2026

Hierdie Sy is dapper-ginbeker kos slegs R220 en is versier met pragtige positiewe bevestigings. Die 350 ml-geïsoleerde metaalbeker hou warm drankies warm en koue drankies lekker koud – perfek vir elke dag, of jy nou by die huis, op pad of met vakansie is.

🛒 Gooi sommer nou joune in jou aanlyn mandjie.

🔗 Koop aanlyn: https://kultuurkafee.com/shop/drinkware/ginbekers/sy-is-dapper-ginbeker/

’n Moderne lappoppie met ’n stewige lappie nostalgie. 🧵Hierdie pragtige Nella-lappoppies is spesiaal ontwerp om ons ryk ...
16/08/2026

’n Moderne lappoppie met ’n stewige lappie nostalgie. 🧵

Hierdie pragtige Nella-lappoppies is spesiaal ontwerp om ons ryk Afrikanerkultuur op ’n sagte, speelse manier by ons kinders te kweek. Elkeen van hierdie unieke poppies bring daardie kosbare, outydse sjarme terug na vandag se speelkamer.

Ontmoet vir Nella en haar maatjies:

• Nella: Spog met bruin haartjies en ’n pragtige mint strepiesrokkie! 💚
• Elsie: Het blonde haartjies met ’n pienk blommetjiesrokkie.
• Naomi: Het swart haartjies met ’n pers veldblommetjiesrokkie.

Elke enkele lappop word met liefde handgemaak en spog met ’n unieke, handgeverfde gesiggie, wat beteken geen twee poppies is presies dieselfde nie. Hulle is 37 cm lank – die perfekte grootte vir klein armpies om vas te hou.

Koop jou lappoppie hier: https://kultuurkafee.com/shop/speletjies/nella-lappop/

Address

Eeufees Road, Groenkloof 358-Jr
Pretoria
0027

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when KultuurKafee posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share