29/06/2023
Ons is tans opsoek na 'n kliëntediens beampte om deel van ons span te word.
Die pos sal op 'n uurlikse basis gebaseer wees op 'n maand tot maand kontrak, dus die perfekte geleentheid vir studente wat opsoek is na 'n deeltydse werk. Dit sal 'n tydelike pos wees met die moontlikheid van permanente aanstelling.
Die ideale kandidaat moet:
- Vlot wees in Afrikaans en Engels.
- Beskik oor uitstekende gesproke en geskrewe kommunikasievaardighede.
- Gebaseer wees in Pretoria Oos. Die pos is gebaseer by ons pakhuis in die N4 Gateway Industrial Office Park.
- In 'n span, en 'n vinnige tempo omgewing kan werk.
Verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk tot:
- Antwoord kliënte navrae telefonies en per e-pos.
- Volg op met verskaffers i.v.m. ons maatskappy navrae ens.
Werskure is van 08:00-17:00 Maandae tot Vrydae en elke tweede Saterdag van 09:00-13:00 (ure kan verskil in ons peak seisoen).
CV’s moet asseblief gestuur word na [email protected]