12/05/2026
Klein handjies, groot emosies en stories wat saam met hulle groei. 🤍
Ons liewe lesertjies is mal daaroor om weer en weer deur ons boekies te blaai, te ontdek en te lees. Elke Knuffeltyd-storie volg ’n spesiale dieremaatjie, natuurlik met ‘n bypassende knuffeldiertjie, wat kinders help om ‘n besonderse band met die storie te vorm.
Beskikbaar in Afrikaans en Engels, leer hierdie stories belangrike lewenslesse op ’n sagte manier, soos vriendelikheid, verantwoordelikheid, onselfsugtigheid, en die krag van ons keuses.
Dis ‘n troos, ’n les, en ’n kosbare herinnering wat jou kind vir altyd sal koester. 🧸📖
Dankie vir hierdie pragtige resensie en dat julle gedeel het wat Knuffeltyd vir julle gesin beteken.