Die BoekStop Parys

Die BoekStop Parys We sell used books specialising in Africana, South African History and Politics.
(1)

Nuut op die rak!!
10/06/2026

Nuut op die rak!!

29/05/2026

André P. Brink: . . . die wit lig skitter op die nat dakke, en [kyk] hoe pragtig die gitswart bome teen die lug staan . . .
(29 Mei 1935 – 6 Februarie 2015)

“Al hierdie dinge het ek vanmôre in die mis gedink, onder Notre-Dame.

“Maar terwyl ek somber aanstryk, hande diep in my jassakke – verby ’n verlate, bebaarde ou figuur wat eensame tinkel-klankies uit sy moeë draaiorreltjie probeer lossprankel – het ek oorkant by die robot ’n meisietjie sien aankom met dié jeugdige, uitdagende wipstappie van die Parisienne. Daar was ’n blinde ou boemelaar met wit kierie en druipstert hond by die robot. Sy het vasgesteek by hom, iets vir hom gevra (ek was te ver om te hoor) en toe sy arm geneem en hom tydsaam oor die straat gelei terwyl al die motors wag. Anderkant het sy die verwese ou hond kop gestreel, toe iets uit haar beursie gehaal en in die ou man se hand gedruk – en weer aangestap. Sy was waarskynlik ’n student, en haar eie klere effens verslete – maar darem met ’n vrolike rooi serpie om die donker hare – en sy moes die geld self ook nodig gehad het. Maar solank as wat die mens armoede en ellende ken, so lank sal daar ook seker liefde en barmhartigheid wees.

“Ek het opgekyk en vir die eerste keer ondanks die eendeweer gesien hoedat die wit lig skitter op die nat dakke, en hoe pragtig die gitswart bome teen die lug staan asof die takke op ’n etsplaat ingebrand was.”

[Fragment: "Winterdag" uit: Brink, André P. Pot-pourri: Skets uit Parys. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962, p. 39.]

Lees ook:
https://www.litnet.co.za/andr-p-brink-1935/

Grafika: My City Bloemfontein

Kontak die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): [email protected]

29/05/2026

Sag op haar bloue oë daal die vaak . . .

Slaap - D.F. Malherbe (28 Mei 1881 – 12 April 1969)

Wat is die slaap 'n wondersoete ding!
Sag op haar bloue oë daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.
Vir laas beef oor haar lippe 'n fluistering:
"Nag, Pappie." Ek merk hoe langsaam hy genaak
wat drome soet tot werklikhede maak. . . .
in vaderarms rus my lieweling.
Sluit so my oë, God, wanneer vir my
U Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan stille drome huis toe sus,
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

Uit: Afrikaanse verse: ’n Bloemlesing, saamgestel deur D.F. Malherbe. Bloemfontein: Nasionale Pers, 1936, p.56.

Foto: Besoek D.F. Malherbe se studeerkamer by NALN en verdwyn in die leefwêrelde van ons geliefde Afrikaanse skrywers.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) beskik oor die grootste versameling personalia van Afrikaanse skrywers in die wêreld, en lewer ’n unieke inligtingsdiens uit meer as 200 000 manuskripte, 450 000 knipsels en bykans elke Afrikaanse letterkundige werk (asook die verskillende uitgawes daarvan). Die NALN-versameling word steeds aangevul deur manuskripskenkings van skrywers, daaglikse knipsel-insameling - en digitisering en die aankoop en ontvangs van boeke, ter uitbreiding van die boekversameling. NALN is die aktiewe geheue van die Afrikaanse erfenis in letterkunde, musiek en toneel.

- - Kontak NALN: Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum: [email protected] - -
(Kurator: Wyno Simes).

10/05/2026

Ingrid Jonker: “My moeder, sterwend, was so sonnig soos ’n liewenheerbesie, so vol geheime, so verrassend, so teer . . . “ *

Ingrid se moeder het in 1944 gesterf, toe Ingrid net elf jaar oud was. Ingrid se suster, Anna Jonker, beskryf die dag soos volg:

“Eendag het ’n vriendin van Ouma op ’n mooiweersdag gekom en ons genooi om te gaan piekniek hou, maar Ingrid wou om die dood nie gaan nie, en wou of kon nie verduidelik waarom nie. Daardie middag het oom A.C. voor die deur stilgehou en gesê Mamma is dood.” (Jonker, A. Feb. 1979. “Elkeen het sy Gordonsbaai”. Tydskrif vir Letterkunde, Nuwe reeks: XVII:I)

Ingrid Jonker het die gedig “Ladybird” * ter herinnering aan haar moeder geskryf. Sy vertel in “Lewenskets vir die Vaderland” meer oor haar moeder Beatrice Jonker (geb. Cilliers). Dié lewenskets is gepubliseer in haar ‘Versamelde werke’ (Perskor, 1975, pp 201-207):

“Toe ek so agt jaar oud was, het my moeder siek geword. In wind en weer het Ouma vir my suster en my gesorg, aangedra, aangetrek, ons klere verstel en gelap, want ons was brandarm, en vir ons saans laat op die strand kom haal as ons in die somer aan-aan op die Union Jack speel.

“Uit hierdie tydperk het ek iets van my moeder onthou – ’n pragtige geheim. Ek het dit probeer te woord stel in “Ladybird” (’n herinnering aan my moeder), gebaseer op die kinderrympie: ‘Ladybird, ladybird, fly away home; your home is on fire, your children are gone . . . ’

“My moeder, sterwend, was so sonnig soos ’n liewenheerbesie, so vol geheime, so verrassend, so teer . . . “

Ladybird*

’n herinnering aan my moeder

G***s oker
en ’n lig breek
uit die see.

In die agterplaas
êrens tussen die wasgoed
en ’n boom vol granate
jou lag en die oggend
skielik en klein
soos ’n liewenheersbesie
geval op my hand

'Ladybird' is oorspronklik in 'Rook en oker' (APB, 1963) gepubliseer.

*Jonker, I. 1975. Versamelde werke. Perskor, Johannesburg.
[Aanhalings kom uit bg. bron:
Ingrid se “Lewenskets vir die Vaderland”: pp 203-204;
`Ladybird' : p 76]

[Berig: A. Diedericks]

- - - Kontak NALN: Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum: [email protected] - - -
(Kurator: Wyno Simes).


Nuut op ons rak. Zelda Bezuidenhout se nuwe boek. Nou net vrygestel.
05/05/2026

Nuut op ons rak. Zelda Bezuidenhout se nuwe boek. Nou net vrygestel.

30/04/2026

Dot Serfontein 101: "Jou humor en jou aanpassingsvermoë dra jou". Leana Lategan vertel.

Dot Serfontein (30 April 1925 – 4 November 2016) was een van die legendes in ons letterkunde. Daar is bykans nie 'n enkele verhaal wat uit die mode geraak het, of nie meer iets belangriks vir lesers te sê het nie. Lees maar weer "Vrypas", of "Die laaste jagtog", of haar lieflike Sotho-verhale met hulle magiese aantrekkingskrag. Omdat sy eerlikheid ten opsigte van haar eie identiteit en innige menslikheid as skrywersdeugde nagestreef het, sal haar werk tydloos bly. Sy het die waarde (én waarheid) oor die lewe se seisoene verstaan, en daaroor geskryf.

In haar dogter, Antjie Krog, se gedig* vind ons iets terug van die aard van 'n blyplek en 'n oorsprong, en ook die jeug se beur teen die vastigheid. Dot en Antjie het 'n innigheid, respek, en groot liefde vir mekaar gedeel.

. . . my mooi noorde
gooi ’n dasvel van sagte vrystaat voor my oop
ons huis gly soos ’n dobbelsteen af met die helling
teen die rooigras wat snuffelend reën-af draf . . .

*[Antjie Krog: “U.O.V.S.” (tweede vers) Uit: Januarie-suite, (H&R, 1972).]

LEES OOK gratis op LitNet: Leana Lategan Dot Serfontein: 30 April 1925 – 4 November 2016: In memoriam:
https://www.litnet.co.za/dot-serfontein-30-april-1925-4-november-2016/

LEES OOK Leana Lategan se huldiging vir Dot Serfontein, op 4 November 2016: https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dot-serfontein-n-groot-gees-groet-20161104

Kontak die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): [email protected]
(Kurator: Wyno Simes)

Grafika: My City Bloemfontein

Happy birthday
28/04/2026

Happy birthday

🍰Baie geluk met jou verjaarsdag Sophia Kapp. 🎂

28/04/2026

"Ek gaan 'n nuwe lewe in en dis myne." Leana Lategan vertel meer oor Petronella van Heerden.

Mev Ena Van der Walt, 'n geliefde kollega uit die vroeër jare by NALN, het my van Petronella van Heerden vertel. "Kerssnuitsels", die outobiografiese vertellings van hierdie kleurryke karakter, was 'n eerste kennismaking met Anna Petronella van Heerden, wat op 26 April 1887 in Bethlehem gebore is. Sy vertel hierin van haar tyd as klein kind, die lewe van die gesin tydens die oorlog, en die jare daarna. Haar vader was 'n landdros in die Vrystaatse Republiek, sodat die gesin op verskeie Vrystaatse dorpe gewoon het. Sy gaan ook skool in die Huguenot Seminary op Wellington, en ná matriek studeer sy verder aan die Victoria College op Stellenbosch. Heeltemal in stryd met die gees van haar tyd, toe vroue 'n minder sigbare rol moes speel, en ook téén die wens van haar ouers, vertrek sy na Nederland, waar sy met 'n beurs aan die Universiteit van Amsterdam Medies studeer (1908-1915).

Haar internskapjaar doen sy in die Volkshuishospitaal in Bloemfontein, 1916, en open 'n eie praktyk die volgende jaar in Harrismith. Vanaf 1921 spesialiseer sy in ginekologie in Londen, en vertrek dan na Amsterdam om haar PhD in 1923 te voltooi, die eerste mediese tesis wat in Afrikaans geskryf word. Sy praktiseer twintig jaar as ginekoloog in Kaapstad, totdat sy in 1943 aftree en op haar plaas Grootfontein (distrik Harrismith) begin boer. Hier kon 'n mens haar in kakiebroek en -h**p, werkerskoene en hoed by haar diere aantref, en het sy met ewe veel gesag as die manlike boere by vendusies en ander sosiale verpligtinge opgetree. Dit is juis hier vanuit "Grootfontein" dat "Kerssnuitsels" in1962 beslag gekry het. Dit is opgevolg deur "Die sestiende koppie". Sy het ook genealogiese navorsing gedoen, wat gepubliseer is as die "Geslagsregister van die familie Van Heerden 1701-1968". Ander skryfwerk wat uitgegee is, is "Waarom ek 'n sosialis is"(1938), en "Dames XV11" (1969).

Petronella van Heerden se biografiese verhaal lees interessant en boeiend, maar dis veral haar outobiografiese vertellings wat 'n mens bekoor en jou summier intrek in 'n verbygegane era van kindwees, plattelandse lewe en vreugdes, die heilsaamheid van dinge wat was soos wat hulle was. Veral haar vertellings van skooldae, haar leesstof en vriendskappe, is bekoorlike kameë van 'n tyd waarvan ons slegs nog in boeke kan lees.

Petronella van Heerden was enig in haar soort, (onder meer ook 'n amateur argeoloog wat onder die leiding van die befaamde Dorothy Garrod opgrawings in Wadi el Maghara, in Palestina gedoen het), maar sy was bo alles 'n Afrikaanse skrywer wat 'n greep van haar unieke leefwyse in 'n tydgees wat reeds in die vergetelheid lê, vir ons nagelaat het. Sy is in 1975 in Kaapstad oorlede, hierdie dogter van die Vrystaat.

(Opskrif: "Ek gaan 'n nuwe lewe in en dis myne." Slotsin uit "Kerssnuitsels" deur Petronella van Heerden.)

Kontak NALN se Museumwinkel vir eerstehandse eksemplare van "Kerssnuitsels" deur Petronella van Heerden: [email protected]

Grafika: My City Bloemfontein

Nuut op die rak!!!!
22/04/2026

Nuut op die rak!!!!

Nuut op die rak!!!
18/04/2026

Nuut op die rak!!!

Address

The Bell Tower, 71 Breë Street
Parys
9585

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 16:30
Sunday 09:00 - 16:00

Telephone

+27716649869

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die BoekStop Parys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die BoekStop Parys:

Share

Category