23/08/2024
DIE VYAND VAL ONS AAN IN ONS GEBEDSLEWE.
Ons as kinders van God het toegang tot die Vader verkry deur gebed. Die probleem is dat die duiwel dit ook weet en alles in sy vermoë sal doen om jou gebed te steel...
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
EFÉSIËRS 6:12.
HOE STEEL DIE VYAND JOU GEBED?
1: SKULDGEVOEL , herinner jou aan jou verlede en laat jou voel jy is nie goed genoeg nie.
2: SONDE, dan voel jy skuldig en jou volle aandag is nie by jou gebed nie.
3: ONGELOOF, die duiwel saai ongeloof. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.
HEBREËRS 11:6.
4: MOEGHEID, die duiwel steel jou gebed totaal of veroorsaak dat jy dit kort knip.
5: AFLEIDING, geraas, foon lui, gedagtes dwaal. Neem tyd in jou gebed.
6: MOEDELOOS, die duiwel steel jou gebed deur jou moedeloos te laat voel oor dinge nie reg uitwerk soos jy dit wil hê nie.
7: VALSE LEERINGE, jy is bang vir God oordat jy glo Hy is wreed en ongenaakbaar. ONS DIEN N GOD VAN LIEFDE.
8: GENOEGSAAMHEID, die vyand wil ons verhoed om genoeg te bid, hy weet ons het 24 uur 'n dag volle toegang tot gebed. Die vyand sal verkies dat jy glad nie bid nie of jou gebed net vinnig aframmel voor werk of voor jy gaan slaap.
9: JY IS NIE LUS NIE, die vyand sal jou eerder aanmoedig om nog bietjie langer TV te kyk. DIE GEES WIL BID MAAR JOU VLEES WIL NIE.
10: VERWAARLOOS, die vyand wil jou verhoed om meer van God te leer ken, hy sal poog om jou weg te hou van bybelstudie, sel groepe, biduur, kerk en jeugbyeenkomste.
en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
HEBREËRS 10:25. 💕