Ons Winkel Nigel

Ons Winkel Nigel Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Per

sone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

18/04/2026

Ons Winkel Brakpan

18/04/2026

Esme Bronkhorst

10/04/2026

Jy skenk…
Ons sorteer…
Iemand kry hoop.
Kyk hoe jou skenking ’n verskil maak.

24/03/2026

“Stap in...

Ontdek...

Maak ’n verskil...

Ons Winkel Nigel

Meubels 🪑’n Eenvoudige meubelstuk kan ’n huis weer ’n tuiste maak.’n Stoel, tafel of kas wat jy nie meer gebruik nie, ka...
11/03/2026

Meubels 🪑

’n Eenvoudige meubelstuk kan ’n huis weer ’n tuiste maak.

’n Stoel, tafel of kas wat jy nie meer gebruik nie, kan iemand anders help om weer oor te begin.

Meubels wat geskenk word, kry by Ons Winkel Nigel weer ’n nuwe plek.

Jou skenking maak ’n verskil.

Kitchenware 🍽Those plates and cups in your cupboard could help set someone else’s table again.Kitchenware that you no lo...
10/03/2026

Kitchenware 🍽

Those plates and cups in your cupboard could help set someone else’s table again.

Kitchenware that you no longer use can easily find a new home.

At Ons Winkel Nigel, kitchenware gets a second life.

Thank you to everyone who helps make a difference.

Klere & Skoene 👕👟Maak plek in jou kas – en maak ’n verskil in iemand se lewe.Het jy klere of skoene by die huis wat jy n...
09/03/2026

Klere & Skoene 👕👟

Maak plek in jou kas – en maak ’n verskil in iemand se lewe.

Het jy klere of skoene by die huis wat jy nie meer dra nie?

Wat vir jou dalk net plek opneem, kan vir iemand anders weer baie waarde hê.

Skenk gerus klere en skoene by jou naaste Ons Winkel en help ons om items ’n tweede lewe te gee.

Jou skenking maak ’n verskil. ❤️

09/03/2026

Ons Winkel Nigel Ons Winkel Brakpan Flip Bronkhorst Suzette De Gouveia Suzette Le Grange Chantel De Beer Chantel De Beer

09/03/2026
Donors.Shoppers.Supporters.You are the heart of Ons Winkel Nigel ❤️📍 Courtstreet 19, Nigel📞 084 225 9100
06/03/2026

Donors.
Shoppers.
Supporters.

You are the heart of Ons Winkel Nigel ❤️

📍 Courtstreet 19, Nigel
📞 084 225 9100



Address

19 Court Str
Nigel
1490

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Nigel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Nigel:

Share