19/06/2026
Vandag het ek en Sharon by Die Rooi Deur - Original gaan kuier en inkopies doen, maar dit was soveel meer as net ’n gewone winkelbesoek. Dit was een van die lekkerste ervarings! Dit het gevoel asof ons op ou vriende afgekom het — met ’n heerlike koppie koffie, lekker gesels en daardie warm, verwelkomende gevoel wat ’n mens laat tuis voel. ☕✨
Die winkel is absoluut pragtig, met die mooiste dekor en soveel detail — presies daardie unieke styl en atmosfeer wat ons ook by Factory Plaza so waardeer. Elke hoekie vertel ’n storie en daar is soveel mooi goed om te ontdek… ek kon eenvoudig nie ophou shop nie! 🤩
Dankie vir die wonderlike ervaring, Die Rooi Deur — julle het beslis ’n spesiale plekkie geskep. ❤️