Garden World Nursery

Garden World Nursery This gardener’s paradise creates fresh seasonal ideas with an annual Spring Festival to refresh the gardening palate, managed by Terry Moller in 2024.
(1)

https://gardenworld.co.za/ The Garden World Estate is situated in the tranquil rural surrounds of Muldersdrift, Northwest of Johannesburg in Gauteng. This gardener's paradise creates fresh seasonal ideas for clients to enhance their own gardens, with an annual Spring Festival to refresh the gardening palate.

08/08/2026

JJ sê: Carpobrotus edulis, beter bekend as Suurvy, is ons plant van die week an alhoewel dit 'n ware inheemse somer ster is kan dit selfs in die winter sy gehardheid wys.

Hierdie vetplant vorm ’n digte, kruipende mat van vlesige blare wat in baie sterk sonlig floreer, droogte kan weerstaan en eintlik baie strawwe kondisies met gemak hanteer. Sy groot, helder pienk tot pers blomme maak dit ’n uitstaande keuse vir rotstuine, keermure, sypaadjies en enige warm sonnige hoek waar jy kleur en tekstuur wil inbring.

Suurvy is nie net pragtig nie, dit stabiliseer grond, lok bestuiwers en is ongelooflik maklik om te versorg. Met minimale water, goeie dreinering en volop son beloon Carpobrotus edulis jou met ’n sterk, lewendige groei en ’n tropiese gevoel dwarsdeur elke seisoen.

𝐍𝐨𝐮 𝐛𝐞𝐬𝐤𝐢𝐤𝐛𝐚𝐚𝐫 𝐛𝐲 𝐨𝐟 𝐣𝐨𝐮 𝐧𝐚𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐤𝐰𝐞𝐤𝐞𝐫𝐲!



08/08/2026

JJ sê: Kyk gereeld vir plae soos spintmyte en witluis (Wolluis) wat in droë winterlug vinnig versprei omdat binnensuise plante so beskut is. Dra jou potte buitentoe en behandel in die skadu met Avigard van Protek teen die wolluise. Draai potte weekliks vir eweredige groei en oorweeg ’n groeilig (growlight) vir plante wat duidelik sukkel om hul kleur of vorm te behou.

Vermy verplanting tot vroeg lente want wortels herstel stadiger in koue maande. Maak seker dat plante genoeg ruimte het vir lugvloei, maar nie in direkte trekke staan nie, nie in direkte son staan nie en hou ’n oog op enige blaarverkleuring of hangende nof sagte blare wat 'n aanduiding is dat die plant aanpas. Binnenshuise plante kan baie goed dwarsdeur die winter groei en selfs floreer met hierdie paar stappe.



08/08/2026

JJ sê: Binne huise plante kry in die winter minder lig, kouer lug en droëer omstandighede wat beteken hulle moet effens anders versorg word. Hou hulle weg van koue vensters, oop deure en oormatige warm kolle of lugstrome (soos met verwarmers), en skuif potte nader aan helder lig indien moontlik.

Water minder gereeld omdat grond stadiger uitdroog, gebruik louwarm water, en verhoog humiditeit deur plante saam te groepeer of ’n drupbak met water te gebruik. Moenie te veel bemes nie, want die meeste plante rus in winter- verdunde Guanoflo van Protek en niks meer nie. Hou blare stofvry sodat hulle die min lig optimaal kan benut. 'n Gewone nat kombuislappie kan 'n reuse verskil maak aan die voorkoms en algehele gesondheid.



01/08/2026

JJ sê: Ons plant van die week is die Dietes grandiflora (Wilde Iris). Dis ’n betroubare, waterwys en immergroen plant wat met sy elegante wit blomme en pers‑geel merke ’n sagte, natuurlike beweging in enige tuin bring. Die sterk waaier‑vormige blare gee deur die jaar struktuur, terwyl die plant gedurende warm maande herhaaldelik blom en min onderhoud verg. Omdat dit droogte, hitte en selfs swak grond verdra, is die Wilde Iris ideaal vir lae‑onderhoud tuine waar ’n baie geharde inheemse meerjarige plant jou tuin kan opkikker en so te sê 9 maande van die jaar blomme produseer.

𝐍𝐨𝐮 𝐛𝐞𝐬𝐤𝐢𝐤𝐛𝐚𝐚𝐫 𝐛𝐲 𝐨𝐟 𝐣𝐨𝐮 𝐧𝐚𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐤𝐰𝐞𝐤𝐞𝐫𝐲!



01/08/2026
01/08/2026

JJ sê: Nog 'n winter taak is om potplante oor te plant en dis eintlik nie so moeilik nie. Voor jy jou oë uitvee is die lente hier en is ons potplante weer aan die groei. Potplante moet gewoonlik elke twee jaar oorgeplant word om hul gesondheid, wortelontwikkeling en algehele groei te bevorder. Wanneer ’n plant te groot raak vir sy huidige houer, begin die wortels in sirkelvormige patrone draai en verdring dit mekaar. Hierdie engelse beskrywing van "potbound' beskryf dit die beste, en dit kan vinnig lei tot swak waterabsorbering, voedingstekorte en uiteindelik stadige of misvormde groei.

Deur die plant in ’n groter pot oor te plant, gee jy die wortels nuwe ruimte om uit te brei en verbeter jy die kwaliteit van die grond. 'n Vars potmengsel verskaf weer noodsaaklike voedingstowwe, verbeter dreinering en help die plant om sterker en voller te groei. Oorplanting is ook belangrik wanneer die bestaande grond hard geword het of uitgeput is of wanneer jy wil voorkom dat siektes en wortelvrot versprei.

Winter is die ideale seisoen om hierdie taak aan te pak, omdat die meeste potplante dan in rus is en die oorskakeling na ’n nuwe pot minder stresvol is. ’n Bietjie aandag nou verseker ’n gesonde, lewenskragtige plant teen die tyd wat die lente aanbreek. Gebruik Palmveen of Universal Spagnum Peatmoss van Protek om water terug te hou.



25/07/2026

JJ sê: Ons plant van die week is die geharde Euryops pectinatus (Wolhaarpuis Bos) wat op die oomblik mooi begin blom. Dis werklik ’n inheemse juweel in Suid-Afrika, ’n plant wat met sy helder goudgeel madeliefieblomme selfs die koudste wintertuin laat glimlag.

Hierdie geharde, sonliefhebbende struik groei natuurlik op die winderige hange van die Kaapse kusstreke, wat hom ’n ongelooflike vermoë gee om droogte, sout en uitdagende toestande maklik te trotseer. As plant van die week spog hy nie net vir sy helder kleur nie, maar ook vir sy karakter: ’n kompakte, netjiese groeiwyse, silwer of groen blaartjies wat tekstuur bring en ’n struik wat feitlik nooit ophou blom nie.

Euryops pectinatus is die soort plant wat jou tuin onmiddelik ligter, vroliker en meer uitnodigend maak, ’n ware Suid-Afrikaanse raakvatter wat min vra en baie gee.

𝐍𝐨𝐮 𝐛𝐞𝐬𝐤𝐢𝐤𝐛𝐚𝐚𝐫 𝐛𝐲 𝐨𝐟 𝐣𝐨𝐮 𝐧𝐚𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐤𝐰𝐞𝐤𝐞𝐫𝐲!



25/07/2026

JJ sê: Mense met Bonsai's weet dat dit nou in die winter die regte tyd is om joju bonsai oor te plant. Wanneer jy ’n bonsai oorplant, moet jy onthou dat die boom baie sensitief is vir wortelsteuring in die warmer maande en daarom is die regte tyd en sagte hantering belangrik. Doen dit nou aan die einde van winter of vroeë lente wanneer nuwe groei begin.

Koop vir jou die regte bonsai grond of gebruik ’n goed dreinerende gesifte potgrond mengsel. As jy bang is die plant gaan te vinnig oor die algemeen uitdroog kan jy Palm veen van Protek by die grondmengsel inmeng.

Snoei die wortels liggies (tussen 10 of 20%) terug om kompakte groei te bevorder sonder om te veel te verwyder. Maak seker die nuwe pot is effens groter en dat hy wel goeie dreinering het. Plant die boom op dieselfde hoogte as voorheen, gooi 'n deklaag klippies op om die grond vas te hou en doop in 'n emmer water vir so ongeveer 10min om behoorlik te deurdrenk.

Hou die bonsai vir ’n paar weke uit direkte son en wind terwyl hy herstel en vermy bemesting totdat hy weer aktief groei. As jy regtig wil voer kan jy iets soos Guano pellets van Protek op die bokant neerlê en in water.



25/07/2026

JJ sê: Winter is van die beste tye om bolplante op te deel. Wanneer jy bolplante opdeel en herplant, moet jy eers seker maak die plant is dormant of klaar geblom, sodat die bolle nie onnodige stres kry nie. Grawe dan die bolle versigtig op om te voorkom dat wortels skeur, en skei die bolle versigtig sodat elkeen ’n gesonde wortelbasis het.

Verwyder enige vrot of sagte dele en plant die bolle op dieselfde diepte as voorheen in goed dreinerende grond. Gooi goed nat net na die oorplanting om hulle te laat vestig. Hou ook in gedagte dat sommige bolplante verkies om vir ’n paar jaar te groei en elke vier of vyf jaar opgebreek te word, so kies die regte tyd en doen dit net wanneer die plant duidelik oorvol raak.

Mens kan Beenmeel of Tuinfosfate van Protek in die grond in werk as voeding, en onmiddelik met 'n Guanoflo (ook van Protek) oplossing voer sodra die eerste groei wys.



18/07/2026

JJ sê: Wanneer jy plante in potte oor plant, is die regte pot en die regte grondmengsel die belangrikste. Kies ’n pot wat monstens 10% groter is as die huidige een, met groot genoeg dreineringsgate. Haal die plant versigtig uit sy pot, draai die pot op sy sy en tik liggies teen die kante as dit nodig is wanneer die wortels dalk vas sit. Indien die wortels baie dig is, kan jy dit effens losmaak met jou vingers of 'n klein tuin vurkie.

Sit ’n laag vars pot grond, gemeng met die regte hoeveelheid 2:3:2 van Protek onder in, plaas die plant in die middel van die pot en vul die res rondom die pot op sonder om dit te styf vas te druk en die wortels te beskadig. Water deeglik totdat die water uit die dreineringsgate loop en laat die plant vir ’n paar dae in ’n plek staan waar dit nie te veel son of wind kry nie totdat dit gevestig is.



Address

Beyers Naude Drive
Muldersdrift
2040

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 16:00

Telephone

+27119572046

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Garden World Nursery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Garden World Nursery:

Shortcuts

Share

Category