24/02/2015
Prysverhoging op Bioway vanaf 1 Maart 2015. Hiermee die nuwe pryse:
500ml - R100
1 Liter - R240
2 Liter - R220
5 Liter - R450
Bioway Insekdoder
Die produk is ‘n “green product” wat die veiligste is van alle gifstowwe, eko vriendelik is en 100 % “biodegradable”.
• Spuit Bioway op beddens vir bed goggas.
• Vir Kinders met kopluis probleme kan jy dit op hul kopkussings & duvet's spuit.
• Vlek nie jou beddegoed nie, dit ruik na niks en is nie giftig om in te asem nie.
• Spuit dit in klere kaste vir vismotte.
• Spuit dit in en rondom die huis vir miere, vlooie, kokkerotte, dustmites, vlieë, muskiete.
• As jy 'n bak vrugte het en muggies sit op die vrugte, kan jy die bioway direk op jou vrugte spuit. Dit trek nie in die vrug in nie. Daar is vele vrugte en groente winkels wat die Bioway Multi ook gebruik (bv Fruit & Veg).
• Spuit dit in jou koskas teen miet.
• Op jou asdrom vir muggies & vlieg larwes.
• Op plante vir plantluise.
• Duiweboere spuit dit op hul duiwe direk teen veerluise.
• By kleuterskole in sandputte teen sandvlooie.
• Mense wat staptoere doen en baie buitemuurs leef spuit dit op hul klere sodat bosluise nie aan hul klere kom vasklou en hul by nie.
• Dit maak alle koudbloedige goed (goggas) dood, insluitend spinnekoppe, krieke, ens.
• Kan dit spuit in diere se beddegoed teen vlooie en ook rondom kosbakke teen miere”.
Onthou, die produk is onskadelik vir mense, diere & voëls, maar enige iets wat koudbloedig is (soos vissies ook!!) het ‘n groot probleem as hierdie gif aangewend word. Die aktiewe bestandele tas eers die senuwee stelsel van die insek aan en dan vrek die insek ‘n klein rukkie later.
Waar die son skyn waar die gif gespuit word binne in die huis, hou dit so 4 weke. Waar direkte sonlig nie skyn nie hou dit tussen 3 – 4 maande soos bv in n kas.