07/01/2023
HY STAAN LANGS JOU....God kon gekeer het dat Paulus & Silas in die tronk beland ~ God kon ook keer dat Daniël in die leeukuil gegooi word ~ Hy kon ook verhoed het dat Daniël se 3 vriende in die vuuroond gegooi word ~ maar God het nêrens beloof dat ons nie moeilike tye sal deurgaan nie. Hy het net beloof dat Hy met ons sal wees & ons sal help om te oorwin, want ons is oorwinnaars in Christus. 🌺🍀🌸