Ons Winkel Kimberley

Ons Winkel Kimberley Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for needy students Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestr

emdhede
• Ouer persone

Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

MOON BOOTS VERSKILLENDE GROOTES R280.00 ELKHandelsure 🕐Maandae-Vrydae08:00 - 17:00Saterdae08:00 - 13:00📍Georgestraat 94K...
07/05/2026

MOON BOOTS
VERSKILLENDE GROOTES
R280.00 ELK

Handelsure 🕐
Maandae-Vrydae
08:00 - 17:00
Saterdae
08:00 - 13:00

📍Georgestraat 94

Kontak ons gerus vir enige navrae op 📞082 714 9214

30/04/2026

🧡 ONS WINKEL KIMBERLEY 🧡

Hier is die hart en siel van ons winkel – Tanja Smith – saam met haar sonskyn, Veron Smith ✨

Met ’n warm glimlag en ’n oop hart bring sy lig en liefde waar sy gaan. Haar passie vir mense en haar gemeenskap skyn deur in alles wat sy doen 💛

Sy glo daarin om ’n verskil te maak – een persoon op ’n slag. Vir ons is sy nie net ’n eienaar nie… sy is die hartklop van die winkel ❤️

’n Ware inspirasie en ’n kosbare juweel 💎

Kom kuier by ons en ervaar die warmte self! 🛍️

30/04/2026

Prudence 🌸

Daar is niemand soos sy nie ✨
Met ’n besondere talent kan sy klere sorteer en hang met haar oë toe – dis hoe natuurlik dit vir haar kom 👗

Sy pronk in haar werk met trots en passie 💛
Elke dag wys sy haar toewyding en liefde vir wat sy doen

Groei in haar werk is waarna sy strewe, en dit wys in alles wat sy aanpak 🌱

Sy is ’n ware aanwins
’n Regte staatmaker 💫

30/04/2026

Ons vriendelike Bestuurder💖

✨ Altyd vol lag en vrolikheid
Sy help jou graag en sal jou welkom laat voel

🛍️ Kom kuier by Ons Winkel Kimberley

📍Georgestraat 94
📞0827149214
Volg ons op Facebook en Tik-Tok

🧡🧡🧡🧡🧡🧡

30/04/2026

Ons vriendelike verkoopsdame 💖

✨ Energiek en stylvol
Sy help jou graag om die mooiste uitrusting saam te stel –
vir jonk en oud!

🛍️ Kom kuier by Ons Winkel Kimberley

📍Georgestraat 94
📞0827149214
Volg ons op Facebook en Tik-Tok

🧡🧡🧡🧡🧡🧡

29/04/2026

WERKERSDAG 🇿🇦 Ons is oop

VRYDAG 1 MEI 2026
🕗 08:00 – 13:00
Kom loer in by ons!
📍 Georgestraat 94
📞 082 714 9214
✔️ Lay-bys beskikbaar
🧥 Winterklere vir die hele familie
❤️ Donasies welkom

29/04/2026

Winter ❄️ ❄️ ❄️ ❄️ is at our door step
Come pop in for winter clothing for the whole Family and much more❗❗❗

We accepted lay-bys for 33 days ❗❗

📍94 George Street

Contact us on 📞082 714 9214
Find us on Facebook & Tik-Tok

Address

Georgestraat 94
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27827149214

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Kimberley posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Kimberley:

Share