Jumbo Fishing

Jumbo Fishing Multiple Protea Angler JUMBO WILLEMSE and proud creator of JUMBO FISHING PRODUCTS. GO BIG GO JUMBO 🐘
(1)

GYS PITZER WINTER CLASSIC 2026 !!Sterkte aan al ons deelnemers wat die JUMBO naam gaan hoog hou. Mooier as daai kry mens...
21/08/2026

GYS PITZER WINTER CLASSIC 2026 !!
Sterkte aan al ons deelnemers wat die JUMBO naam gaan hoog hou. Mooier as daai kry mens nie!!
Dankie aan alle sponsors vir julle bydrae tot die byeenkoms💥

Psalm 20:4
"May he give you the desire of your heart and make all your plans succeed" 💪🏻
🐘

Hengelaar: Marinique RuthenbergToernooi: Pro ManiaPlek: Jan Se Plek (Vaaldam)Datum: 1 & 2 Aug 2026Ek en my pa het beslui...
17/08/2026

Hengelaar: Marinique Ruthenberg
Toernooi: Pro Mania
Plek: Jan Se Plek (Vaaldam)
Datum: 1 & 2 Aug 2026

Ek en my pa het besluit om bietjie die koue aan te durf en skryf so in vir n’ dubbel Pro Mania by Jan Se Plek. As mens wil hengel dan maak jy n’ plan al is dit winter.
Saterdag
Toe die sonnetjie sy kop uitsteek, toe kan ons voel ons het hier met koue te doen. Ek slaan my hengelgoed op, met handskoene, n’ mus en seker 5 laë klere. So dui die sirene die begin van die dag aan. Dit gaan ongelooflik stadig en ek sien min of geen aksie op die oewer nie. Self van die gesoute en ervare hengelaars sukkel om die vis aan die byt te kry. Teen 1uur besef ek dat vandag nie gaan wees oor “bragging rights” nie, maar eerder om net iets te vang. “Moet net nie blank nie” vertel ek myself die heeltyd. Maar met uithouvermoë en n’ “kan nie dood” houding werk ek hard en slaag darem daarin om n’ vis te net. Tydens die inweeg besef ek dat daar net 4 van ons op die hele oewer iets gevang het. Ek eindig dus 4de vir die dag.

Sondag
Met die swakkerige hengel die vorige dag, het ek nie baie verwagtinge gehad vir Sondag nie. Nietemin weet ek dat die vis beter behoort te byt aangesien daar nou voer in die water is van die vorige dag. Die dag is wel beter as die vorige dag en ek slaag daarin om 2 visse in te weeg.

Winterhengel is nie n’ grap nie, maar dit leer jou om vas te byt en nie moed op te gee nie.

Die kombinasie wat vir my die beste gewerk het is as volg:
💉CON+
🚩Red Flag
⚪Duiwelsdrek Float
🥐 SWD

Dankie Jumbo vir julle puik produkte. Go Big, Go JUMBO!

Hengelaar: Albert RuthenbergToernooi: Pro ManiaPlek:Jan Se Plek (Vaaldam)Datum: 1 & 2 Aug 2026Hulle sê dis net mal mense...
17/08/2026

Hengelaar: Albert Ruthenberg
Toernooi: Pro Mania
Plek:Jan Se Plek (Vaaldam)
Datum: 1 & 2 Aug 2026

Hulle sê dis net mal mense wat in die hartjie van die winter hengel. Ek sê nou weer dis net regte hengelaars wat kans sien vir hengel in die winter. Ek en my dogter voel baie braaf en durf so n’ nuwe oewer aan in die winter. Ons hengel n’ dubbel Pro Mania by Jan Se Plek.

*Saterdag*
Oppad na die water daal die kwik tot n’ skamele -5° en ons hop van die koue. Maar die yserige weer laat ons nie afskrik nie. Ons slaan vining op en toe die sirene afgaan is ons reg vir aksie. Maar die aksie was maar min, Die vis wil nie byt nie! Ek sien dat dit maar stadig op die hele oewer gaan maar hou moed. Aan die einde van die dag slaag net 4 van ons daarin om vis in te weeg. Ek slaag daarin om n’ 2de plek in my zone te kry en 2de algeheel te eindig vir die dag.

*Sondag*
Weereens groet die oewer ons met ryp wat spierwit lê. Ek is redelik op my senuwees aangesien die vis nie juis uitgekom het die vorige dag nie. Maar moed opgee bestaan nie in my woordeskat nie. Ek werk hard deur die sessie, maak die een plan na die ander en slaag daarin om 5 vis te weeg vir 2.25kg. Ek wen my zone en eindig 2de plek algeheel.

Die kombinasie wat vir my die beste gewerk het is as volg:
Vicks
Lotie
⚪Vampire Float
🥐 SWD

Dankie Jumbo vir julle puik produkte. Dit het verseker die verskil gemaak! Go Big, Go JUMBO!

Die ergste koue is amper op n einde🎣😁💥Jurie Pieterse gee sy Jumbo Tips8 Augustus , Teams by Flamingo BayPeaches en lotie...
14/08/2026

Die ergste koue is amper op n einde🎣😁💥

Jurie Pieterse gee sy Jumbo Tips
8 Augustus , Teams by Flamingo Bay

Peaches en lotie
Bo gumtree float
Onder vampire float met almond deegie
85 m

Perdeby en Besie Bass
Bo maggots
Onder banlic float
95 en later 105 m

Well done Jurie !🐘🐘

Hiers dit nou!!Vir die wat gevra het , ons nuutste produk lys met beskrywings🎣💪🏻Binnekort sal hy uitbrei😉
13/08/2026

Hiers dit nou!!
Vir die wat gevra het , ons nuutste produk lys met beskrywings🎣💪🏻
Binnekort sal hy uitbrei😉

Introducing the new packaging for our MIELIE PIPS range 💥💯Small improvements , big results !Soon to be in your nearest s...
12/08/2026

Introducing the new packaging for our MIELIE PIPS range 💥💯
Small improvements , big results !
Soon to be in your nearest shops 👍🏻😁
GOBIGGOJUMBO🐘
Lekker things are on the way🎣🎣

Ons Jumbo Vrouens is maar net die beste ! Well done Michelle smith!! 👏🏻🇿🇦
10/08/2026

Ons Jumbo Vrouens is maar net die beste ! Well done Michelle smith!! 👏🏻🇿🇦

02/08/2026

Address

Bredell
Kempton Park
1619

Telephone

+27829648372

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jumbo Fishing posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Jumbo Fishing:

Shortcuts

Share

Category