Ons Winkel Harrismith

Ons Winkel Harrismith Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for needy students SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende

kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

🌴 WEN 'N DROOMVAKANSIE NA MOSAMBIEK! 🏝Skenk jou vooraf geliefde 📍🧥👖WINTERS klere en staan 'n kans om 'n ongelooflike 7-n...
08/06/2026

🌴 WEN 'N DROOMVAKANSIE NA MOSAMBIEK!

🏝Skenk jou vooraf geliefde 📍🧥👖WINTERS klere en staan 'n kans om 'n ongelooflike 7-nagte vakansie na Mosambiek vir 4 mense te wen!🏝

Maak 'n verskil in jou gemeenskap deur skoon, draagbare wintersklere te skenk. Elke klere-skenking gee jou 'n kans om hierdie fantastiese prys te wen.🤗‼️

🏖️ Prys sluit in:

7 nagte se verblyf in Mosambiek- buite seisoen
Akkommodasie vir 4 mense
Ongelooflike strande en ontspanning
Onvergeetlike vakansieherinneringe
Besoek gerus: www.nhabangaparadise.net

Elma Hattingh elmahattingh

14/05/2026

Helpende Hand ontvang vandag ‘n skenking van Wanatu Vervoer vir R30 000! Baie dankie WANATU vir die reuse skenking. Die geld gaan terug geploeg word deur werksyn om volhoubare welstand te verseker in ons gemeenskappe.

By WANATU gaan dit oor meer as vervoer. Dit gaan oor veiligheid, vertroue en mense wat jou wêreld verstaan. ’n Trots Suid-Afrikaanse diens wat jou elke dag veilig by jou bestemming bring.

Die skenking is moontlik gemaak deur julle, ons ondersteuners. Vir elke WANATU rit skenk hulle ‘n gedeelte van die rit koste aan Helpende Hand.

Elke rit tel. Elke rit maak ‘n verskil.

🌼New clothing pakket out.👖👔. Come and have a look Ons Winkel Harrismith           Elma Hattingh
12/05/2026

🌼New clothing pakket out.👖👔. Come and have a look Ons Winkel Harrismith
Elma Hattingh

06/05/2026

🔴 🔴 het 'n GROOT behoefte aan enige wintersklere. U hulp sal regtig 'n groot verskil maak in baie se lewens.
Skenk vir Hoop en Maak 'n Verskil
Elma Hattingh

30/04/2026
25/04/2026

📍Kom kuier gerus by Ons Winkel Harrismith Maandag🧥👖. 🛑Ons is oop van 8:30 tot 13:00🛑

5️⃣0️⃣% afslag op sekere klere‼️

24/04/2026

Elma Hattingh

16/03/2026

01/03/2026

Elma Hattingh

Address

28 Piet Retief Street
Harrismith
9880

Opening Hours

Monday 08:30 - 16:30
Tuesday 08:30 - 16:30
Wednesday 08:30 - 16:30
Thursday 08:30 - 16:30
Friday 08:30 - 16:30
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27718437137

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Harrismith posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share