Ons Winkel Groot Brak

Ons Winkel Groot Brak Ons kan letterlik wonderwerke verrig met u ongewenste items! Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Afgesien van die skep van werk (die persoon wat die winkel bestuur), help die Ons Winkel-skenkingswinkel ook met talle ander liefdadigheidsprojekte, soos om studiefondse beskikbaar te stel vir d Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Person

e met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se
demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële

bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

16/06/2026

Wenk 1 : Dit hoef nie jou size tewees om by te dra tot n KNIEE-KNAKKENDE uitrusting nie 😎.

Besoek ons gerus by 1 end straat langstraat mall Grootbrak oorkant die laerskool se sports gronde
📲 071 421 6670

.

12/06/2026

🌧️❄️ WINTERSKENKINGS DRINGEND BENODIG! ❄️🌧️
Ons vra die gemeenskap se hulp om hierdie winter 'n verskil te maak in die lewens van gesinne, kinders en bejaardes wat swaarkry.
Ons benodig: 🛏️ Komberse en beddegoed
🛏️ Beddens en matrasse
👶 Baba- en kinderklere
🧥 Warm winterklere vir alle ouderdomme
👟 Skoene wat nog in goeie draagbare toestand is
🧦 Warm kouse
🧤 Handskoene
🎩 Mussies en serpe
🍲 Kombuisware soos potte, panne, bakkies, koppies, eetgerei en ander huishoudelike benodigdhede
Elke skenking, groot of klein, help om iemand se winter warmer en draagliker te maak. ❤️
📍 Aflaaipunt:
Groot-Brakrivier
1 Endstraat, Langstraat Mall
(Oorkant die Laerskool se sportgronde)
📞 Navrae:
071 421 6670
🙏 Deel asseblief hierdie plasing sodat ons soveel moontlik mense kan bereik. Saam kan ons 'n verskil maak hierdie winter.

10/06/2026

Goeie more al ons mense van ons Winkel Grootbrak en Heiderand ons maak 12h00 uur toe vir my mammie se begrafnis asb kom doen jou skatte jag voor 12h00 baie dankie ons waardeer elke een se boodskap en medelye en as die Here wil sien ons mekaar weer more oggend.
Theo Labuschagne

Goeie more al ons mense van Ons Winkel GrootbrakHier is n paar goedtjies wat beskikbaar isSkakel die winkel vir navrae o...
29/05/2026

Goeie more al ons mense van Ons Winkel Grootbrak
Hier is n paar goedtjies wat beskikbaar is
Skakel die winkel vir navrae op
0714216670









Goeie more Ons Mense van Ons Winkel Grootbrak baie dankie vir elke persoon wat skenkings kom aflaai by ons winkel Grootb...
19/05/2026

Goeie more Ons Mense van Ons Winkel Grootbrak baie dankie vir elke persoon wat skenkings kom aflaai by ons winkel Grootbrak
Saam maak ons n verskil in ons gemeenskap
Hier is 'n paar items te koop
Al ons klere is R25 behalwe rokke en baaitjies
Ons het ook baie kombuisware
Asb kontak die winkel op 0714216670










Goeie more Ons Mense van Ons Winkel GrootbrakOP hierdie koue paar maande het ons winkel baie mooi duursame name brand Ba...
11/05/2026

Goeie more Ons Mense van Ons Winkel Grootbrak
OP hierdie koue paar maande het ons winkel baie mooi duursame name brand Baaitjies vir R250 ELK kom maak gerus n draai en kyk wat ons nog alles in vooraad het
Al ons ander klere is R20 elk behalwe gemerkte items
Ons het baie kombuisware ook vir spotgoedkoop
Ons het warm friendlike mense wat wag om jou te bedien
Skakel gerus op ons winkel nr 0714216670











'n paar items te koopKom maak gerus n draai 1Mei tot 13h00Saterdag 12h00
01/05/2026

'n paar items te koop
Kom maak gerus n draai 1Mei tot 13h00
Saterdag 12h00

01/05/2026

More ons mense van ons Winkel Grootbrak
Onthou ons is oop vandag tot 13h00
Maak seker jy kom maak n draai jy mag dalk net n skat ontdek hier by Ons Winkel

30/04/2026

Ons Winkel Grootbrak is oop die 1ste tot 13h00

Address

1 End Street
Groot-Brakrivier

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 08:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Groot Brak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share