Vaandel Uitgewers

Vaandel Uitgewers Ons is 'n klein uitgewery in Suid Afrika wat toegespits is op die Boervolk, sy geloof en kultuur.

Hier gaan dit oor die waarheid, die storie agter die leuens en oor dit wat die media sorgvuldig verswyg, maar wat ons almal behoort te weet. Al die inligting wat ons van dwarsoor die wêreld af kry, word aan ons mense beskikbaar gestel.

“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” Joh. 8:32

22/12/2025

Volledige Video: https://www.youtube.com/watch?v=PjzVAB61cQQ
Ds. Gideon Johannes Jacobus Boshoff (1906–1975) was ’n baanbreker in die bediening en ’n vurige liefhebber van volk en vaderland. Hierdie video bevat ’n stemopname van ’n dankgebed wat hy op 15 Oktober 1960 opgestel het. Alhoewel dit nie sy eie stem is nie, is die oorspronklike teks met sorg heropgeneem om sy woorde weer lewendig te maak. Ds. Boshoff, wie se bediening oor gemeentes soos Boksburg-Noord, Port Elizabeth-Wes en Linden gestrek het, was bekend vir sy beeldryke taal en profetiese moed. Hy het die SA Weermag as kapelaan gedien en sy bediening selfs ná sy aftrede in 1971 met toewyding voortgesit. Sy passie vir die volk, sy geloof, en sy uitsonderlike menslikheid leef voort in sy nalatenskap. Hierdie opname bring een van sy mees betekenisvolle dankgebede na vore, met die doel om sy boodskap en gees aan ’n nuwe generasie oor te dra.

---------------------------------------

Musiek deur Clavier Clavier van Pixabay

19/12/2025

Die Bybel maak meer as een keer melding van ’n gebied “oorkant die riviere van Kus”. Sefanja 3:10 praat van ’n verstrooide gemeente suid van hierdie riviere, en Jesaja 18:1 noem dieselfde plek as die land van vlerkgegons wat gesante bring na die plek van die Naam van die Yahweh van die leërskare, na die berg Sion. En Sion is ’n ander naam vir Israel!

Maar wat presies is die riviere van Kus? Antieke bronne verbind Kus met Afrika se groot waterstelsels en moerasgebiede. Sommige wys na riviere soos die Zambesi, Okavango, Kunene en Kwando. Ander beskryf Afrika as ’n land wat eens deur enorme watergebiede afgesonder is.

Hierdie video raak net aan die kern van hierdie verbasende profesie. Vir ’n dieper studie, kyk gerus na Oorkant die Riviere van Kus deur Robert Hayes.



🎵 Musiek:
A Moment in Life – Rockot (Pixabay)

Nuwe Artikel...Daar is ’n ou skildery van Andries Pretorius, die “reus van Bloedrivier”, met sy linkerarm in ’n armstut....
15/12/2025

Nuwe Artikel...
Daar is ’n ou skildery van Andries Pretorius, die “reus van Bloedrivier”, met sy linkerarm in ’n armstut. Die groot leier is gewond. EJG Norval se beskrywing van wat daardie dag met Pretorius gebeur het toe hy deur ’n Zoeloe kryger gesteek is, omskryf dalk iets veel meer as net ’n historiese detail. Dit was moontlik nie toeval dat die held van Bloedrivier by die dood moes omdraai nie.

DIE ARM VAN ANDRIES PRETORIUS

"Na die moord op meer as 300 trekkers, insluitend vroue en kinders, by Bloukrans en Weenen in Februarie 1838, het die Voortrekkers hulle skielik in ‘n baie moeilike situasie bevind. Die aanval het snags gekom, onverwags en brutaal, terwyl gesinne in hul tente en waens geslaap het.

Toe die son die volgende oggend oor die bloedbevlekte kampe opkom, is ‘n ontstellende toneel aan die trekkers ontbloot: ..."

Lees die volle artikel hier: https://vaandel.co.za/die-arm-van-andries-pretorius/

(Joernale kan direk op ons webblad bestel word. Dit hoef nie eers gedruk te word nie. Ons het egter net beperkte voorraa...
13/12/2025

(Joernale kan direk op ons webblad bestel word. Dit hoef nie eers gedruk te word nie. Ons het egter net beperkte voorraad)

Hierdie joernaal is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in Siener, ons volk se geskiedenis, erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.
Skakel: https://vaandel.co.za/produk/joernaal-siener/
Prys: R250

Met diepe hartseer deel ons die nuus dat ons pa, Adriaan Snyman, op 23 November 2025 rustig in sy slaap oorlede is. Hy w...
25/11/2025

Met diepe hartseer deel ons die nuus dat ons pa, Adriaan Snyman, op 23 November 2025 rustig in sy slaap oorlede is. Hy was 87 jaar oud.

Hy is dalk bekend vir sy werk oor Siener, en sy kennis en insig het mense na hom toe getrek, maar dit was die mens self wat hulle by hom gehou het. Hy was 'n teruggetrokke mens van nature en het hy homself dikwels weggesteek gehou, maar eienaardig genoeg het baie mense tog sy geselskap kom opsoek. Hy het ’n sagte gees gehad, veral met diere, en ’n uitsonderlike geduld met mense. Hy het altyd vrede gesoek in sy huis, in die familie en selfs met dié wat hom seergemaak het. Hy het nie wrokke gedra nie. Mense kon hom kwaad maak of ontstel, maar sy deur was altyd oop om ’n saak te laat gaan.

Hy was vreeslik lief vir kinders (die sweety man is nou nie meer daar nie) en altyd vrygewig met beide sy tyd en raad. Hy kon vir ure met vreemdelinge oor ons volk, geloof en oor Siener gesels, asof hy hulle al jare ken. As jy met ’n probleem na hom toe gekom het, sou hy nie rus kry voordat hy probeer help het nie. Dit was nie net vir sy familie nie, maar vir enigiemand wat by hom aangeklop het.

Hy was vir sommige mense ’n idealis, maar hierdie positiewe uitkyk was gebou op jare se geloof en vertroue op die Vader. Dit was werklik aansteeklik.

Ons gaan hom vreeslik mis.

Hy word oorleef deur sy vyf kinders: Gustav, Reinier, Engela, Carin en Naomi.

https://vaandel.co.za/product/raad-vir-kwale/Prys: R160Raad vir Kwale, oorspronklik in 2012 gepubliseer, is ’n praktiese...
20/10/2025

https://vaandel.co.za/product/raad-vir-kwale/
Prys: R160

Raad vir Kwale, oorspronklik in 2012 gepubliseer, is ’n praktiese naslaanboek vir mense wat graag meer wil weet oor alledaagse raad en natuurlike middele om gesondheidsprobleme te verlig. Die boek is ’n handleiding vol wenke en boererate wat al vir geslagte lank gebruik word.

Die boek dek ’n wye reeks kwale – van gewone verkoues, velprobleme en gewrigspyn, tot meer ernstige toestande soos hartkwale, diabetes en selfs kanker. Elke afdeling gee eenvoudige verduidelikings en praktiese idees om ongemak te verlig of jou liggaam te ondersteun. Daar is ook afdelings oor geestesgesondheid, tandheelkunde en algemene ongelukke soos brandwonde en steke.

Benewens die lys van kwale en moontlike oplossings, bevat die boek ook:

- ’n Gids tot kruie en hulle gebruike (bv. gemmer, smeerwortel, wildeals)
- Wenke oor die gebruik van natuurlike middels soos knoffel, heuning, appelasyn en visolie
- Basiese raad oor vitamiene, minerale en gesonde eetgewoontes
- Bybelse perspektiewe oor kos, gesondheid en leefstyl

Met Raad vir Kwale het jy ’n bondige gids byderhand wat jou wys hoe jy gewone en bekostigbare produkte kan gebruik om jou gesondheid te ondersteun. Dit help jou om eenvoudige raad self toe te pas – van tees en kompressies tot klein huismiddels wat maklik voorberei kan word.

As jy belangstel in tradisionele raad, boererate en ’n meer natuurlike benadering tot gesondheid, gaan hierdie boek jou waardevolle idees en praktiese wenke gee. Dit is nie ’n plaasvervanger vir ’n dokter se advies nie, maar wel ’n handige gids vir enige iemand wat graag alternatiewe raad vir kwale wil hê.

WAPEN ONTWERP - DIE REPUBLIEK VAN TRANSVAALPrys: R250Bladsye: 180Let wel: Omdat ons eers wil bepaal hoeveel belangstelli...
20/09/2025

WAPEN ONTWERP - DIE REPUBLIEK VAN TRANSVAAL
Prys: R250
Bladsye: 180

Let wel: Omdat ons eers wil bepaal hoeveel belangstelling daar is, word hierdie joernale tans slegs op aanvraag gedruk.

Transvaal:
https://vaandel.co.za/.../joernaal-republiek-van-die.../
Vrystaat:
https://vaandel.co.za/.../joernaal-republiek-van-die.../

Hierdie A5-joernale bring ’n huldeblyk aan die ou Republieke van die Oranje-Vrystaat en Transvaal. Elke Republiek se wapen ontwerp is ’n kombinasie van 3D-modelering (Blender), Photoshop en deels illustrasie. Die wapens het deur die jare in verskillende vorms verskyn, en die uitbeelding op hierdie joernale is slegs ’n persoonlike interpretasie. Op die agterblad verskyn ’n strofe uit die volkslied, saam met die historiese vlag.
Binne is daar netjiese lyntjies vir jou eie aantekeninge, gedagtes en planne. Dit maak die joernale ideaal vir daaglikse gebruik, Bybelstudies, notules of persoonlike refleksies.
Die inspirasie agter hierdie reeks joernale spruit uit navorsing vir ’n video wat ons op Facebook en YouTube gedeel het.

Youtube Video: https://www.youtube.com/shorts/_PfHcdE1SoM
Facebook Video: https://www.facebook.com/share/r/15wsLT8Bye/

Daarin word die merkwaardige ooreenkomste tussen die Voortrekkers en die ou Israel uitgelig. Twee van die mees opvallende ooreenkomste is dat Israel in twee huise verdeel was, net soos die twee Boererepublieke. Die Transvaal se wapen dra boonop die simbole van die vier hoofslagordes van Israel. Wanneer die Vader sy volk iets wil wys of openbaar, is dit nie altyd deur drome of in die geskrifte nie, maar dikwels ook deur die volk se eie wese en bestaan.

Hierdie joernale is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in ons volk se geskiedenis en erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.

WAPEN ONTWERP - DIE REPUBLIEK VAN DIE ORANJE VRYSTAAT[ Die Transvaal joernaal sal in 'n volgende FB post geplaas word ] ...
19/09/2025

WAPEN ONTWERP - DIE REPUBLIEK VAN DIE ORANJE VRYSTAAT

[ Die Transvaal joernaal sal in 'n volgende FB post geplaas word ]

Prys: R250
Bladsye: 180
Let wel: Omdat ons eers wil bepaal hoeveel belangstelling daar is, word hierdie joernale tans slegs op aanvraag gedruk.

Transvaal:
https://vaandel.co.za/product/joernaal-republiek-van-die-transvaal/

Vrystaat:
https://vaandel.co.za/product/joernaal-republiek-van-die-oranje-vrystaat/

Hierdie A5-joernale bring ’n huldeblyk aan die ou Republieke van die Oranje-Vrystaat en Transvaal. Elke Republiek se wapen ontwerp is ’n kombinasie van 3D-modelering (Blender), Photoshop en deels illustrasie. Die wapens het deur die jare in verskillende vorms verskyn, en die uitbeelding op hierdie joernale is slegs ’n persoonlike interpretasie. Op die agterblad verskyn ’n strofe uit die volkslied, saam met die historiese vlag.

Binne is daar netjiese lyntjies vir jou eie aantekeninge, gedagtes en planne. Dit maak die joernale ideaal vir daaglikse gebruik, Bybelstudies, notules of persoonlike refleksies.

Die inspirasie agter hierdie reeks joernale spruit uit navorsing vir ’n video wat ons op Facebook en YouTube gedeel het.

Youtube Video: https://www.youtube.com/shorts/_PfHcdE1SoM
Facebook Video: https://www.facebook.com/share/r/15wsLT8Bye/

Daarin word die merkwaardige ooreenkomste tussen die Voortrekkers en die ou Israel uitgelig. Twee van die mees opvallende ooreenkomste is dat Israel in twee huise verdeel was, net soos die twee Boererepublieke. Die Transvaal se wapen dra boonop die simbole van die vier hoofslagordes van Israel. Wanneer die Vader sy volk iets wil wys of openbaar, is dit nie altyd deur drome of in die geskrifte nie, maar dikwels ook deur die volk se eie wese en bestaan.

Hierdie joernale is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in ons volk se geskiedenis en erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.

Deur die geskiedenis het ons volk talle storms deurstaan. Sommige was wreed en vernietigend, ander het ons tot die uiter...
15/06/2025

Deur die geskiedenis het ons volk talle storms deurstaan. Sommige was wreed en vernietigend, ander het ons tot die uiterste beproef. Maar steeds het ons bly staan. Hierdie volk, aan die suidpunt van Afrika, het met harde werk, deursettingsvermoë en ’n diep geloof in God ’n land opgebou wat eens tot die mees vooruitstrewende ter wêreld behoort het. Waar die Leeu nog Brul probeer hierdie verhaal lewend hou, nie bloot om prestasies te onthou nie, maar ook om insig te kry oor ons verlede. Dit wys daarop dat ons volk se opgang nie slegs tegnies of ekonomies was nie, maar in die eerste plek geestelik. En dat ons val, soos in Bybelse tye, nie by die hand van vyande begin het nie, maar by die verwaarlosing van God.

Waar die Leeu nog Brul
Prys: R330
Bladsye: 318

Bestel Nou:
https://vaandel.co.za/product/waar-die-leeu-nog-brul/

NUWE PUBLIKASIELees Meer » https://vaandel.co.za/product/waar-die-leeu-nog-brul/Prys: R330Bladsye:318Waar die Leeu Nog B...
13/06/2025

NUWE PUBLIKASIE
Lees Meer »
https://vaandel.co.za/product/waar-die-leeu-nog-brul/
Prys: R330
Bladsye:318

Waar die Leeu Nog Brul bring hulde aan Suid-Afrika se uniekheid en buitengewone prestasies. Dit neem die leser op ’n reis deur die land se geskiedenis, van die eerste vestiging aan die Kaap tot die tyd toe Suid-Afrika as ’n industriële reus wêreldwye erkenning ontvang het vir sy wetenskaplike, kulturele en militêre bydraes.

Hierdie boek vertel die verhaal van ’n volk wat ’n volkseie staat uit die grond opgebou het: van pioniers wat in ’n ongenaakbare landskap moes oorleef, tot ingenieurs en wetenskaplikes wat, ten spyte van boikotte en internasionale druk, werk van wêreldgehalte gelewer het. Teen alle verwagtinge het hierdie volk ’n eie kultuur, identiteit en vooruitstrewende ekonomie gesmee, met prestasies wat strek van gevorderde kernnavorsing en lugvaartontwikkeling tot selfonderhoudende nywerhede soos Sasol en Yskor.

Terselfdertyd is dit ’n sober herinnering aan wat verlore gegaan het: ’n land met ongekende potensiaal wat deur korrupsie en wanbestuur verwoes is. Waar die Leeu Nog Brul is nie net ’n huldeblyk aan ’n volk wat deur geloof en deursettingsvermoë hierdie land opgebou het nie, maar ook ’n waarskuwing – oor wat gebeur wanneer ’n volk sy erfenis prysgee.

Hierdie opvolgartikel ondersoek waarom Namibië weer strategiese waarde vir Duitsland begin kry. Dalk meer as in enige ty...
06/06/2025

Hierdie opvolgartikel ondersoek waarom Namibië weer strategiese waarde vir Duitsland begin kry. Dalk meer as in enige tyd sedert die Eerste Wêreldoorlog.
----
“Ek het gesien ons gewere word in die kas gepak, want die tyd van vervulling van ons vryheid is nog nie aanstaande nie… Die groen grashoop word intussen witdroog — jare van verdeeldheid en verwarring onder die Afrikaner sal hom op moedverloor se vlakte laat. Dan word die gras weer groen — die oorlog word hervat en die hoop herleef.”
Nadat die traktaat met Duitsland in 1914 deur die rebelle geteken is het Siener ‘n toekomstige tydperk vir ons volk beskryf waar verwarring en verdeelheid sou heers. Dekades later, in September 1940, is die traktaat oor die Duitse radio weer bevestig....

Lees die res van die artikel op ons webblad:
https://vaandel.co.za/namibie-duitsland-en-die-pad-terug-na-prieska/

Address

George
6655

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

+27285512516

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vaandel Uitgewers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Vaandel Uitgewers:

Share

Category