Ons Winkel George

Ons Winkel George Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse beskikbaar vir kinders in die gemeenskap. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur, maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone


Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Iets van alles by Ons Winkel George, kom loer vroeg in om teleurstelling te vermy.Kontak 0605030796 vir enige navrae.𝑭𝒐𝒍...
12/06/2026

Iets van alles by Ons Winkel George, kom loer vroeg in om teleurstelling te vermy.

Kontak 0605030796 vir enige navrae.
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Pragtige mansklere uitgepak kom loer gerus in.Kontak 0605030796 vir enige navrae.𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.
11/06/2026

Pragtige mansklere uitgepak kom loer gerus in.

Kontak 0605030796 vir enige navrae.
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Baie nuwe items uitgepak kom loer gerus in.Kontak 0605030796 vir enige navrae.𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.
10/06/2026

Baie nuwe items uitgepak kom loer gerus in.

Kontak 0605030796 vir enige navrae.
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Oulike kinderklere en vele meer uitgepak kom loer gerus in.Kontak 0605030796 vir enige navrae.𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.                ...
09/06/2026

Oulike kinderklere en vele meer uitgepak kom loer gerus in.

Kontak 0605030796 vir enige navrae.
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Baie nuwe voorraad uitgepak, daar is iets vir almal.Kontak 0605030796 vir enige navrae.𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.
08/06/2026

Baie nuwe voorraad uitgepak, daar is iets vir almal.

Kontak 0605030796 vir enige navrae.
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Baie nuwe items uitgpak by Ons Winkel George.Kontak 0605030796 vir enige navrae asb𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.
07/06/2026

Baie nuwe items uitgpak by Ons Winkel George.

Kontak 0605030796 vir enige navrae asb
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Laaste dag van 50% afslag op kombuisware by Ons Winkel George.Kontak 0605030796 vir enige navrae.𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.             ...
06/06/2026

Laaste dag van 50% afslag op kombuisware by Ons Winkel George.

Kontak 0605030796 vir enige navrae.
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Baie nuwe voorraad uitgepak kom loer gerus in en ontdek die skatte en winskopies.50% afslag op alle kombuisware tot sate...
04/06/2026

Baie nuwe voorraad uitgepak kom loer gerus in en ontdek die skatte en winskopies.

50% afslag op alle kombuisware tot saterdag.

Kontak 0605030796 vir enige navrae.
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Nuwe voorraad uitgepak en onthou die 50% aslag op kombuisware is nog aan tot saterdag.Kontak 0605030796 vir enige navrae...
03/06/2026

Nuwe voorraad uitgepak en onthou die 50% aslag op kombuisware is nog aan tot saterdag.

Kontak 0605030796 vir enige navrae.
𝑭𝒐𝒍𝒍𝒐𝒘𝒆𝒓𝒔.

Address

George Lilly Sentrum, Van Der Stelplein
George
6530

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30
Saturday 08:00 - 12:00

Telephone

+27605030796

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel George posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel George:

Share