Mooi Verby

Mooi Verby Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Mooi Verby, Arts & Crafts Store, Ellisras.

🧸Babatee geskenke / Baby shower gifts
🐇 Lappoppe / Cloth dolls
🕊 Young & Chosen Bible characters
🪹Mandjies / Baskets
🥨Macramie
072 5202 119
on IG
✒️Spelvoute gewaarborg

🌿 Handgemaakte Sagte Dierepoppe – Gemaak met Liefde 🌿Op soek na 'n unieke geskenk vir 'n babatee, verjaardag of spesiale...
08/06/2026

🌿 Handgemaakte Sagte Dierepoppe – Gemaak met Liefde 🌿

Op soek na 'n unieke geskenk vir 'n babatee, verjaardag of spesiale klein mensie? 🧸

My handgemaakte dierepoppe word met sorg gemaak uit kwaliteit materiale, met pragtige handgeborduurde besonderhede wat elke karakter uniek maak. Van hasies en olifante tot muise, katte, kameelperd en meer – elke maatjie is ontwerp om geliefd te wees vir jare.

✨ Perfek vir:
• Babatee's
• Verjaarsdae
• Kinderkamer dekor
• Troos- en slaapmaatjies
• Spesiale herinneringsgeskenke

💛 Volledig handgemaak in Suid-Afrika
💛 Aanpasbare kleure en temas beskikbaar
💛 Landswye koerier- en PUDO-aflewering

Stuur gerus 'n WhatsApp 072 520 2119 om beskikbare diertjies te sien of jou eie spesiale maatjie te bestel.

"Elke stekie vertel 'n storie, elke maatjie dra liefde."

🐘🐰 BESKIKBAAR VIR AANNEMING! 🐰🐘Twee baie spesiale maatjies is reg om hul nuwe huise te vind!🐘 Ollie Olifant – die dapper...
08/06/2026

🐘🐰 BESKIKBAAR VIR AANNEMING! 🐰🐘

Twee baie spesiale maatjies is reg om hul nuwe huise te vind!

🐘 Ollie Olifant – die dapper Afrika-bul wat droom van groot avonture, safari's en ure se speelpret.

🐰 Hasie – warm en snoesig in haar sagte hoody-sweetpak, gereed vir winterdrukkies, storietyd en liefdevolle maatjieskap.

Albei is met sorg handgemaak en wag vir iemand om hulle deel van die familie te maak. 🤎

'n Handgemaakte maatjie is meer as net 'n speelding – dit word 'n vriend vir avonture, geheime, drukkies en kosbare kinderherinneringe.

Stuur gerus 'n boodskap of WhatsApp 072 520 2119 om een van hierdie oulikhede joune te maak.

🐰❄️ Hasie is reg vir die winter! ❄️🐰Met haar sagte en snoesige hoody-sweetpak is Hasie gereed vir koue oggende, warm dru...
08/06/2026

🐰❄️ Hasie is reg vir die winter! ❄️🐰

Met haar sagte en snoesige hoody-sweetpak is Hasie gereed vir koue oggende, warm drukkies en knus speeltyd. 🤎 Haar lang ore ryg speels deur die hoody, en die klein hartjie op haar broekspyp herinner ons daaraan dat sy met baie liefde handgemaak is.

Hasie is die perfekte maatjie vir stories lees onder 'n kombers, tee-partytjies, denkbeeldige avonture en daardie ekstra drukkie wanneer die winterwind buite waai. ☕📚

Popspeel help kinders om hul verbeelding te ontwikkel, stories te skep en liefdevolle versorging te leer. En is daar iets lekkerder as 'n sagte maatjie om mee te knuffel op 'n koue wintersdag? 🍂

Wie soek 'n warm wintermaatjie om lief te hê? 🐰❄️🤎

Boelie: om iemand te teister, te treiter of te intimideer.Klein Dawid met sy skaapwagter hartjie het nie op sy grootte v...
30/05/2026

Boelie: om iemand te teister, te treiter of te intimideer.

Klein Dawid met sy skaapwagter hartjie het nie op sy grootte vertrou nie, maar op God se krag. 🪨🦁

Waar ander bang was vir die reus Goliat, het Dawid met geloof vorentoe gestap — met lof in sy hart en vaste vertroue in die Here se krag & mag.

Dawid herinner ons dat ware dapperheid begin wanneer ons God prys, selfs wanneer ons bang voel of geintimideer word. 🎶

Mag ons kinders leer om, soos Dawid, met sagte harte en sterk geloof deur die lewe te stap.

“Die Here is my krag en my skild.”
— Psalm 28:7 🤍

🩰🐆 Daar was eens ‘n klein Ballerina Luiperd met die oulikste handgeborduurde kolle, ‘n breë luiperd-neusbrug en sagte sn...
28/05/2026

🩰🐆 Daar was eens ‘n klein Ballerina Luiperd met die oulikste handgeborduurde kolle, ‘n breë luiperd-neusbrug en sagte snorbaardmerkies. Sy het gedroom om elke dag deur die savanne te dans met haar klein ballerina voetjies… en onder haar pote? Klein hartjies wat wys sy is met baie liefde gemaak. 🤎

Elke unieke dier vertel sy eie storie en wag vir ‘n spesiale maatjie om hom lief te hê.

Bestel jou unieke handgemaakte dier vandag.
📩 WhatsApp 072 520 2119 vir bestellings en kleure.

Waar sit jy daai pragtige orgedee in...? Jute Mekramie bottel met 'n gehekelde naamkaartjie/ ♡'tjiekaartjie aan.
23/05/2026

Waar sit jy daai pragtige orgedee in...? Jute Mekramie bottel met 'n gehekelde naamkaartjie/ ♡'tjiekaartjie aan.

21/05/2026

Exodus 15:20 ESV
Then Miriam the prophetess, the sister of Aaron, took a tambourine in her hand, and all the women went out after her with tambourines and dancing.

🌾 Mirjam — ’n jong meisie van moed, lofprysing en God se getrouheid 🌾Ek is lief vir Mirjam se storie.Dit is die verhaal ...
19/05/2026

🌾 Mirjam — ’n jong meisie van moed, lofprysing en God se getrouheid 🌾

Ek is lief vir Mirjam se storie.
Dit is die verhaal van ’n klein meisie met verwagting in God se getrouheid toe haar moeder baba Moses in ’n mandjie tussen die riete langs die Nylrivier neergesit het.

“Sy het op ’n afstand gaan staan om te sien wat van hom sal word.”
📖 Eksodus 2:4

Toe Farao se dogter — hulle grootste vyand — die baba vind, het Mirjam met moed en wysheid na vore getree.

“Sal ek vir u ’n Hebreeuse vrou gaan roep om die kind vir u te voed?”
📖 Eksodus 2:7

En Farao se dogter antwoord:
“Gaan.”

God het ’n jong meisie gebruik om die bevryder van Sy volk te help beskerm.

Jare later, nadat die Here die Israeliete deur die see gelei het en oorwinning gegee het oor Farao se magtige leër en sy strydwaens, het Mirjam Hom weer verhoog deur die vroue in lofprysing en dans te lei met tamboeryne in hulle hande. 🥁

Mirjam was ook die eerste vrou in die Bybel wat ’n profetes genoem is.
📖 Eksodus 15:20

Die Here sê in Miga 6:4:
“Ek het Moses, Aäron en Mirjam voor jou uit gestuur.”

Wat ’n mooi beeld daarvan dat God Sy mense deur Sy lig dra en lei deur dié wat Hy geroep het.

Selfs toe Mirjam en Aäron later teen Moses gepraat het, het die Here steeds genade bewys. Mirjam moes sewe dae buite die kamp bly, maar die volk het nie verder getrek voordat sy weer ingebring is nie.
📖 Numeri 12:10-15

Die Here het nie die volk verder gelei voordat Mirjam veilig herstel was nie. 🌱

Haar storie herinner my daaraan dat God se genade herstel, dat Sy roeping bly staan en dat Sy getrouheid nooit faal nie. 🕊️

DEUTERONOMIUM 6:7 NLV
Skerp hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.

18/05/2026

DEUTERONOMIUM 6:7
Skerp hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.

Bruin Hasies... vir lekker speel.Whatsapp: 072 520 2119
09/01/2026

Bruin Hasies... vir lekker speel.

Whatsapp: 072 520 2119

Address

Ellisras

Telephone

+27725202119

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mooi Verby posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mooi Verby:

Share