Goedheid

Goedheid Laat die "GOEDHEID" van die unieke produkte jou aangenaam verras. Plaaslike & plaas produkte. Wat beteken die woord "goedheid". Trots Suid-Afrikaans...
(1)

Dit spruit uit die woord mooi en kwaliteit. Goedheid is die goeie gehalte wat verwys na die nuttige, aangename, aantreklike, smaaklike of prettige. Dit is die tipe produkte wat ek graag aan jou wil bied. Unieke produkte waar jy die "goedheid" en guns kan ervaar. Die aangename en of smaaklike asook die pret daarin. MY STORIE ...

Daar is soveel goedheid rondom ons - my vraag is sien jy dit raak? On

s reis gereeld na die klein dorpies op die agter - en stofpaaie wat Suid-Afrika ons bied. Daar ontdek mens die mees ongelooflikste mense en hulle produkte. Kwaliteit produkte, aangename produkte, nuttige produkte en ja ook prettige produkte. Ek wil dit graag met jou deel sodat jy ook die "goedheid" kan ervaar wat ons hier in Suid Afrika produseer.

BROT se heerlike roosterkoeke ook deel van Goedheid se maandelikse 2 Plaasdae.
11/06/2026

BROT se heerlike roosterkoeke ook deel van Goedheid se maandelikse 2 Plaasdae.





🇿🇦🇿🇦🫓🫓🫓❤️❤️❤️

🌾 Welkom by GoedheidDankie dat jy belangstel in egte plaas- en tuisgemaakte produkte — direk van die boer en die klein e...
08/06/2026

🌾 Welkom by Goedheid

Dankie dat jy belangstel in egte plaas- en tuisgemaakte produkte — direk van die boer en die klein entrepreneur af.

Goedheid het in 2022 begin as ’n klein afsetpunt vir ’n hoenderboer van Clanwilliam. Vandag bring ons met trots produkte van meer as 28 boere en talentvolle klein entrepreneurs wat elkeen hul produkte met sorg, trots en vakmanskap maak.

Ons is nie ’n winkel nie.
Ons is ’n afsetpunt waar jy kwaliteit produkte direk van die boer en die klein entrepreneur af kry — sonder tussenhande, net suiwer goedheid.

🛒 HOE WERK DIT?
🧺 Ons werk met ’n maandelikse bestelvorm wat op ons WhatsApp‑groep gedeel word.
🧺 Bestellings word net via die vorm geplaas.
🧺 Twee Plaasdae per maand: laaste Saterdag en eerste Saterdag.
🧺 Jy kom haal alles op een plek in Vierlanden, Durbanville — maklik, vinnig, gerieflik.

Wat my die meeste bly maak, is hoe Goedheid gegroei het tot ’n gemeenskap van mense wat kwaliteit, egtheid en die ondersteuning van boere en klein entrepreneurs waardeer.

As jy ook deel wil raak van die Goedheid-gemeenskap, kontak my gerus.

Groete
Mariëtte 🌿

06/06/2026

Baie opgewonde om hierdie te deel van ons Loxton boer... 🤩

Moenie komende Sondag Kwêla mis nie.

Ek sien hierdie vanoggend op iemand se Facebook…Dit is presies hoekom Goedheid begin het — ons moet weet wat ons eet, en...
17/04/2026

Ek sien hierdie vanoggend op iemand se Facebook…

Dit is presies hoekom Goedheid begin het — ons moet weet wat ons eet, en in die proses die boer direk ondersteun. Só kry ons toegang tot kwaliteit plaasprodukte… of soos dit in engels so mooi gesê word:

🌿 Neem jou tyd
⭐ Kies kwaliteit
🌱 Maak gesonde, egte keuses
🔆 Wees opreg en outentiek

Goedheid se bestelvorm vir einde April is nou reeds gesluit, maar kontak my gerus as jy vanaf Mei deel wil raak van die Goedheid‑gemeenskap. Moenie weer uitmis nie — sluit aan en bestel betyds.

Ons produkte is slegs op bestelling beskikbaar, direk vanaf 28 boere regoor ons land. Dít is mos nou regte, egte goedheid.

11/03/2026
10/03/2026

🌾 'n Groot mylpaal vir Platbakkies Tallow Treats

Hulle storie verskyn in die Weg Platteland Herfs‑uitgawe — ’n besondere erkenning vir egte plaaspassie en handgemaakte kwaliteit.

Baie geluk, Dawie en Lizelle. Ons vier hierdie spesiale oomblik saam met julle.

Platbakkies Tallow Treats se Tallow‑produkte is ook deel van Goedheid se maandelikse Plaasdag — al die pad uit die Boesmanland, met soveel liefde en egte plaasgoedheid saamgebring.

Ons lieflike butternuts, van ons boer wat net buite Durbanville boer, is weer vanaf Februarie deel van ons maandelikse P...
10/02/2026

Ons lieflike butternuts, van ons boer wat net buite Durbanville boer, is weer vanaf Februarie deel van ons maandelikse Plaasdae. Net vir 'n kort periode vir Februarie en Maart.

As jy nog nie deel is van Goedheid se maandelikse Plaasdag nie mis jy uit. Kontak my vir meer inligting. 082 611 0044

Produkte van meer as 26 plus boere en klein entrepreneurs van regoor ons land, produkte slegs via bestelvorm beskikbaar, afhaal in Vierlanden.

Luister gerus na die storie van hoop, goedheid en guns van ons Loxton lam pastei boer. Dit is so ʼn groot lekkerte om ook...
30/01/2026

Luister gerus na die storie van hoop, goedheid en guns van ons Loxton lam pastei boer.

Dit is so ʼn groot lekkerte om ook hierdie pasteie deel te hê van Goedheid se maandelikse Plaasdag.

Wat as ’n eenvoudige guns begin het – 12 lamspasteie vir ’n vriendin se koffiewinkel – het gelei tot ’n inspirerende suksesverhaal wat gegroei het tot ’n onderneming wat 900 pasteie per dag maak.

Ons MOSBROOD keer terug vir sy jaarlikse verskyning — weekliks beskikbaar van Februarie tot die begin van Maart, terwyl ...
27/01/2026

Ons MOSBROOD keer terug vir sy jaarlikse verskyning — weekliks beskikbaar van Februarie tot die begin van Maart, terwyl die vars soetmos beskikbaar is.

Dít is die hart van die brood: die soetheid van die wingerd, die warmte van die somerson en ’n oue tradisie wat net een keer per jaar herleef word.

Elke mosbroodjie word met sorg gebak deur ons geliefde Buurtbakker, en dié wat dit al voorheen geniet het, sal sonder twyfel saamstem — hierdie brood is in ’n klas van sy eie. Sag, warm en geurig… die soort brood wat jou terugneem na jou ouma se kombuis, waar alles stadig, met sorg en uit die hart gemaak is.

Ons Buurtbakker bak in klein hoeveelhede op geselekteerde dae, met beperkte hoeveelhede per baksel beskikbaar.

Broodjies slegs op bestelling beskikbaar, afhaal in Vierlanden.

Address

22 Ruitershoogte Avenue, Vierlanden
Durbanville
7550

Opening Hours

Monday 09:00 - 18:00
Tuesday 09:00 - 18:00
Wednesday 09:00 - 18:00
Thursday 09:00 - 18:00
Friday 09:00 - 18:00

Telephone

+27826110044

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Goedheid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Goedheid:

Share