05/06/2025
Hierdie is die jaar waarin ek 70 word.
Vandag deur my ou rubrieke gekyk en kom toe op hierdie een af wat amper 30jr terug geskryf en in 2023 op my blog gedeel is.
Dalk wil jy dit deel met jou "ou vriende":
Waar ek grootgeword het was die lewe baie eenvoudig. Die meeste van die strate was nie geteer nie daarom was slaggate nie ‘n probleem nie, en die polisie het ‘n fiets gebruik vir patrollies, daarom was daar nooit ‘n tekort aan brandstof nie. Watter belangrike sake ons kannetjies se aandag geni...