Ons Winkel Caledon

Ons Winkel Caledon Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

30/03/2026
Krieket StelR1500WhatsApp my op ☎️ 064 920 2561
26/03/2026

Krieket Stel
R1500

WhatsApp my op
☎️ 064 920 2561

Nuwe vooraad Mans Leër BaadjiesSkilderye R250 elkBreekgoed Speelgoed Sitkamerstel R3000☎️ 064 920 2561 WhatsApp my vir m...
24/03/2026

Nuwe vooraad
Mans Leër Baadjies
Skilderye R250 elk
Breekgoed
Speelgoed
Sitkamerstel R3000

☎️ 064 920 2561
WhatsApp my vir meer inligting

Hoekom ’n Ons Winkel? "Meer as net ’n ITEM!"Hier sien jy net ’n trui.Ons sien moontlikheid.Hier sien jy net ’n boek.Ons ...
22/03/2026

Hoekom ’n Ons Winkel?

"Meer as net ’n ITEM!"
Hier sien jy net ’n trui.
Ons sien moontlikheid.
Hier sien jy net ’n boek.
Ons sien ’n student wat droom.
Hier sien jy net ’n koppie.
Ons sien ’n gemeenskap wat saamstaan.
By Ons Winkel is niks NET ’n item nie.
Dis hoekom ’n Ons Winkel bestaan.
💙🧡

Meubels 🪑

’n Eenvoudige meubelstuk kan ’n huis weer ’n tuiste maak.

’n Stoel, tafel of kas wat jy nie meer gebruik nie, kan iemand anders help om weer oor te begin.

Meubels wat geskenk word, kry by Ons Winkel weer ’n nuwe plek.

Jou skenking maak ’n verskil. 🧡

WhatsApp my op
064 920 2561

Kom maak n draai, anders gaan jy uit mis op groot winskopies!!!!!WhatsApp vir meer inligting.☎️ 064 920 2561 Prins Alfre...
18/03/2026

Kom maak n draai, anders gaan jy uit mis op groot winskopies!!!!!

WhatsApp vir meer inligting.
☎️ 064 920 2561
Prins Alfred str 29
Caledon
"Reg langs die Caledon apteek "

Goeie more gemeenskap. Indien jy wil skenk en nie vervoer het nie kontak my gerus op WhatsApp en ons sal kom optel.☎️ 06...
16/03/2026

Goeie more gemeenskap.

Indien jy wil skenk en nie vervoer het nie kontak my gerus op WhatsApp en ons sal kom optel.

☎️ 064 920 2561

Geseënde dag en week.

07/03/2026
R2200 met sak
06/03/2026

R2200 met sak

If you want to donate and don't have transport or time, WhatsApp me on☎️064 920 2561 Have a blessed day and week
25/02/2026

If you want to donate and don't have transport or time, WhatsApp me on

☎️064 920 2561

Have a blessed day and week

Address

29 Prins Alfred Weg, Lilian Laing Gebou
Caledon
7230

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27649202561

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Caledon posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Caledon:

Share