24/08/2026
Dit was 'n stilweek van crafting. Ek was in Kaapstad gewees vir die 14de Silwerskerm film fees. Soos julle weet het my seun sy dokumentêr daar geprimiêr. Dit was so' n belewenis om dit saam met my kinders te kon doen. Ek is vandag regtig so trots, hulle het so goed gedoen. Om te sien hoe hierdie introvert rooikop seun onderhoude doen met Kwêla, Bravo, Pretoria FM en Fiesta was nogal iets om te aanskou. Nou hier is 'n paar fotos van die week en dan is dit terug na crafting.