17/06/2026
Jacaranda 94.2 Martin Bester ASSEBLIEF HELP DIE ARME KIND!!!!!
Hallo julle.
Ons het op n punt in hierdie pad gekom waar ons na alternatiewe moes begin kyk omdat ons nie nog n terugslag kan hê nie. Vandag het n deur oop gemaak. Jayden self uiterlik lyk goed maar iets is aan die gebeur. Hy is verstikkerig, ongemaklik en sy energie is nie helfte wat dit was nie. Hy sluk moeilik en is kort asem. Dit het geleidelik gebeur maar nou op hierdie punt moet ek inspring voor nog n krisis. Daarom moes ons kyk na alternatiewe van dit wat ons al gedoen en probeer het vir jare en het n chirurg gekry wat ons indruk om Jayden te sien. Hy het al kinders soos Jayden behandel en hy het ook al aktief begin oproepe maak sodat ons Jayden kan help. Ons moet nou uitsluiting kry oor die toekoms en pro aktief wees om agteruitgang verder te keer. Jayden kan hom 30 Junie sien. Weer moet ek julle vra vir hulp. Daar is n hele paar toetse en prosedures wat gedoen moet word by hom en ek gaan dit alles kontant moet betaal. So ook ons blyplek vir daar. Asb help my om Jayden te help, ons kan nie so aangaan nie. Dis al jare. Ek kan nie ver vooruit beplan van na die afspraak nie want ek moet weet wat die dr se bevinding is en wat sy plan is. Enige bydra sal ons uit ons harte waardeer en as jy net vir Jay kan bid, waardeer ons dit uit ons harte. Help my asb om my kind te help.🙏❤️
As julle n bydra wil maak:
N. Cornelius
Capitec
Savings
1710431529
Die mense wat gevra het oor Backabuddy, ons het ongelukkig nie genoeg tyd nie, hulle vat n rukkie om uit te betaal. 😔