Die Penneblikkie

Die Penneblikkie Skryfbehoefte Pakkette We courier country wide

18/04/2024

Het jy 'n adres in die Bybel?
As die dag lank was en jou gô is uit, ry ons mos huistoe.
Daar waar jy net jouself kan wees en alles om jou jou herinner presies wie jy is.
Net so moet ek en jy ook 'n adres in die Bybel hê.
As die lewe druk of jy net aan God se soom moet vashou, dan het jy jóu adres in die Bybel.
Daardie een vers wat vir jou voel soos jou geestelike huis.
Ek deel met julle my adres in die Bybel.
Wat is joune?
Sit aan die ketel - Amptelike Blad -
www.sitaandieketel.co.za

Ek kuier die naweek in Kouebokkeveld. Ek is gasspreker by Laerskool Kouebokkeveld se Vroueoggend.
Sien julle Saterdag!

20/03/2024

Spam me with available property please. For sale or rental!!!! I prefer Dan Pienaar or surroundings.

Betaling met bestelling. Pakkette gereed in Januarie 2024. Kontak 076 044 7663
13/12/2023

Betaling met bestelling. Pakkette gereed in Januarie 2024.
Kontak 076 044 7663

13/12/2023

Môre is ons laaste dag vir vakansiesorg by Die Penneblikkie ons het 'n hond uit 'n bos uit gespeel en krafts gedoen. Dankie aan uitstekende personeel en kosbare kinders. Ons het almal dit sooo baie geniet.

11/12/2023
18/09/2023

Willem Postma se Graad 1's vir 2024. Die Penneblikkie is gereed vir julle.

03/12/2022

Ek is besig om vir myself 'n nuwe ding aan te leer. Ek leer luister, om te verstaan, sodat ek meer emosioneel vrygewig kan raak.
Meeste van die tyd luister ek om te antwoord, sommer halfway in die middel van die sin.

Ek stop vandag bitter geirriteerd met die hitte en die verkeer by 'n sekuriteitsman. Kar lisensie uit, scan en 10 vrae vir my. Ek was nou regtig nie lus om hom te antwoord nie.
Ek sien sy oë is onseker. Op een of ander manier verdwyn my info en ons begin weer.
Kar lisensie, scan en selnommer.
Net voor ek d**k ek kon deurry, gebeur iets weer en ons moet die proses herhaal.
Ek sien sy vingers begin nou van pure senuwees verkeerd tik.
Hy probeer verduidelik want hy wag vir die geirriteerde byt.
Ek besluit om absoluut niks te sê nie, ek gaan luister.
Ek sit my irritasies en warmkry langs my neer en fokus net op hom.
Ek sê vir hom dis alles okey.
Somehow voel hy die vreemde kalmte van my.
Sy senuweeagtige vingers vertel vir my 'n hele ander storie wat ek normaalweg nie sou sien of hoor nie.
Sonder om éen woord te sê vertel hy my dat hy die job bitter nodig het.
Dat hy net 'n break kort en een minder wat op hom spring.
Sy vingers vertel sy eerste dag was lank en warm en dat sy geloof in homself al hoe minder word hoe meer hy aanjaag.
Die lewe is tough daarbuite en die jobs is min. But he is trying.
My, "dis alles okey" kry sy vingers kalm en daar kan ek deurry.
Ek sê vir hom mooi dankie en hy kyk dankbaar terug na my.
Ek wens hom alle voorspoed toe met die nuwe job en gee hom 'n fist pump.
Vandag van alle dae het hy net luister nodig gehad.
Emotional Generosity: sacrifice, surrendering something you need or desire so that someone else can have it.
Wees vandag daai iemand.
©sitaandieketel
www.sitaandieketel.co.za

Address

2 Borckenhagen Street
Bloemfontein
9301

Telephone

0760447663

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Penneblikkie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share