08/08/2026
S m a l l G i f t s
Soms is dit nie die duurste geskenk wat die grootste indruk maak nie.. soms is dit net die gebaar van omgee wat jou diepste wese raak..
Hulp wanneer ons dit nodig het, maar nie vra nie.. n drukkie en opregte belangstelling in jou doen en late.. Beaula wat vir my blommetjies in die dorpshuis neersit of my man wat my bakkie vir my uittrek.. net n vinnige inloer en sê ek verlang na jou.. n Vriendin waar jou hart veilig is.. n huis vol vrede.. n Vrydagmiddag stappie met ons kinders en honde in die fontein terwyl ek my verwonder aan Abba se Karootuin..
Die lewe is kort.. kom ons gee nie net goed nie, maar iets met ewigheidswaarde.. met woorde wat seën en met n opregte omgee hart.
Mag jy die mooiste naweek hê en raaksien waar jy tot seën kan wees..