SAarkie Stories

SAarkie Stories Afrikaanse boekwinkel with some popular English titles Saarkie Stories is meer as net n storie.
(1)

Nuwe Afrikaanse leesboeke (van baie jonk tot jonk), fiksie, nie-fiksie, iets vir elkeen om te lees.

- Nuwe boeke verkope op ons webtuiste & in Albany se winkel, aanlyn biblioteek. Webtuiste: www.saarkiestories.co.nz

- Ons stel belang in enige Afrikaanse boeke wat nie meer n plekkie het nie, epos: [email protected]

- Unit O, 6 Rosedale Road, Windsor Park, Albany, Auckland, 0362, New Zealand

Genugtig, as daar nou een ding is wat mens baie doen in Nieu-Seeland is dit trek ๐Ÿคฃ. Ons het nou 'n slpinternuwe winkel, ...
12/05/2026

Genugtig, as daar nou een ding is wat mens baie doen in Nieu-Seeland is dit trek ๐Ÿคฃ. Ons het nou 'n slpinternuwe winkel, en kan gesien word van die straat af en ons mag die keer darm 'n naambord opsit. Nuwe adres is: 8/59 Paul Matthews Road, Albany. 2 minute van die vorige perseel af.

Hallo Afrikaans lesers!  Alhoewel ons gesluit is gedurende die 2026 Paasfees-tyd, is ons 'n verkorte rukkie oop op Sater...
02/04/2026

Hallo Afrikaans lesers! Alhoewel ons gesluit is gedurende die 2026 Paasfees-tyd, is ons 'n verkorte rukkie oop op Saterdag vir laat-minuut aankope.

Vrydag (3 April 2026), Sondag (5 April 2026), Maandag (6 April 2026) gesluit, Saterdag (4 April 2026) 10:00-12:00 oop.
Veilig ry :)

www.saarkiestories.co.nz

*Die Begenadigdes - deur Francine Rivers*Die vroue in Jesus se geslagsregister was dapper, het risikoโ€™s geneem en die on...
05/03/2026

*Die Begenadigdes - deur Francine Rivers*

Die vroue in Jesus se geslagsregister was dapper, het risikoโ€™s geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wรชreld voort te bring.

Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Die lesse wat ons by hierdie vroue kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het.

Die verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus is nou in een boek beskikbaar. Tamar was โ€™n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeรซwenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid.

Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wรชreld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jรณรบ insluit.

Sagteband 150 x 220 mm met 592 bladsye.

Aankoopskakel:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/a-voice-in-the-wind-by-francine-rivers-jwfm7-wx2x5-z8k72

www.saarkiestories.co.nz

Riviere in die wildernis - Karlien Van JaarsveldIn die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar...
05/03/2026

Riviere in die wildernis - Karlien Van Jaarsveld

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit.
Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister. Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poรซtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge. In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie. In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee รณf neem, steeds 'n halleluja te sing.

ISBN 9781779880581, Formaat: Sagteband

Aankoopskakel: $35.00
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/riviere-in-die-wildernis?rq=riviere

,

Messenger of God by Adriaan Snyman (Siener van Rensburg)Van Rensburg not only foretold the future of South Africa, but a...
03/03/2026

Messenger of God by Adriaan Snyman (Siener van Rensburg)

Van Rensburg not only foretold the future of South Africa, but also that of England, Europe, America, Japan and Russia. Before his death in 1926 he predicted that ethnic violence will explode worldwide after the turn of the century and start World War III. He describes the events on the battlefields of the world in such detail as though he himself had been an eye-witness.

Here are some of the prophecies he made from 1899 until his death in 1926:

โ€ข Outbreak of the Anglo-Boer War and that South Africa will lose that war
โ€ข The First World War, the Flu epidemic and the Second World War
โ€ข Dr. HF Verwoerd, former Prime Minister, will be murdered.
โ€ข The nuclear disaster at Chernobyl on April 26 1986
โ€ข The divorce and murder of a beautiful English noble woman in a โ€˜car accidentโ€™ and who
would be mourned by the whole world
โ€ข The release of Nelson Mandela by ex-President F W de Klerk
โ€ข South Africa will be governed by a black government
โ€ข Japan's destruction by earthquakes, and that
โ€ข England will be struck by seven terrible plagues when World War III is at hand

The astounding prophecies in this book are of great importance, not only to South Africans, but also to the people of the Western world.

Shopping Link: ENGLISH
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/messenger-of-god-siener-van-rensburg-eng

Aankoopskakel vir AFRIKAANS:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/siener-van-rensburg-boodskapper-van-god?rq=boodskapper

Die Bybel 2020 Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied โ€™n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelik...
02/03/2026

Die Bybel
2020 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

bied โ€™n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.
Die NLV standaard-uitgawes spog nou met โ€™n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae.

โ€ข 9 punt lettergrootte
โ€ข Dubbelkolom-uitleg
โ€ข 8 volkleur-kaarte
โ€ข Merklint

Aankoopskakel:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/bybel-swart-hardeband

๐—ข๐—บ ๐˜„๐—ฒ๐—ฒ๐—ฟ ๐˜๐—ฒ ๐—ฑ๐—ฟ๐—ผ๐—ผ๐—บ - ๐—˜๐—น๐˜€๐—ฎ ๐—ช๐—ถ๐—ป๐—ฐ๐—ธ๐—น๐—ฒ๐—ฟLizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluit...
01/03/2026

๐—ข๐—บ ๐˜„๐—ฒ๐—ฒ๐—ฟ ๐˜๐—ฒ ๐—ฑ๐—ฟ๐—ผ๐—ผ๐—บ - ๐—˜๐—น๐˜€๐—ฎ ๐—ช๐—ถ๐—ป๐—ฐ๐—ธ๐—น๐—ฒ๐—ฟ

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op diรฉ lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met diรฉ van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die b***e in die lug te hou; hy het geen tyd vir ล‰ donkerkop met blou oรซ wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Elsa Winckler - Skrywer

ISBN 9780639605494 / Formaat: Sagteband

Aankoopskakel $20.00:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/om-weer-te-droom

๐——๐—ถ๐—ฒ ๐—ข๐—ผ๐—ด๐—ด๐—ฒ๐˜๐˜‚๐—ถ๐—ฒ - ๐—ช๐—ถ๐—น๐—ป๐—ฎ ๐—ฅ๐—ผ๐˜‚๐˜…SINOPSIS:Hofdrama in die Boland (Fiksie):Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspra...
27/02/2026

๐——๐—ถ๐—ฒ ๐—ข๐—ผ๐—ด๐—ด๐—ฒ๐˜๐˜‚๐—ถ๐—ฒ - ๐—ช๐—ถ๐—น๐—ป๐—ฎ ๐—ฅ๐—ผ๐˜‚๐˜…

SINOPSIS:
Hofdrama in die Boland (Fiksie):

Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor 'n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder - ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in 'n landdroshof nie. Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat die aangeklaagde skuldig is aan moord. Die pakkende hofdrama speel af in die Boland - die eerste in die nuwe reeks met die regsgeleerde Julia Blomerus in die hoofrol.

Skyrwer: WILNA ROUX https://www.facebook.com/p/Wilna-Roux-61575692017297/

Book Format: Paperback / Softback 288p

Aankoopskakel: $35.00
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/die-oggetuie

๐—•๐—น๐—ผ๐—ฒ๐—ฑ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป '๐—ป ๐—ฉ๐—น๐—ถ๐—ป๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ - ๐— ๐—ฎ๐—ฟ๐—ถ๐—ฒ๐˜๐—ฎ ๐—–๐—ฎ๐—ฟ๐—ฟ๐—ถ๐—ฐ๐—ธWanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy dat dit vir...
27/02/2026

๐—•๐—น๐—ผ๐—ฒ๐—ฑ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป '๐—ป ๐—ฉ๐—น๐—ถ๐—ป๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ - ๐— ๐—ฎ๐—ฟ๐—ถ๐—ฒ๐˜๐—ฎ ๐—–๐—ฎ๐—ฟ๐—ฟ๐—ถ๐—ฐ๐—ธ

Wanneer Suster Libby Lucas by Noordeberg Hospitaal begin werk, hoop sy dat dit vir haar 'n nuwe begin sal wees. En dat sy al haar geheime in die verlede sal kan los.

Maar dan word 'n verpleegsters vermoor - haar lyk in 'n oรซnskynlike uitbeelding van skoonheid gerangskik.

Skielik voel dit weer asof die onheil Libby agtervolg waar ook al sy gaan. En asof haar verstand met haar begin parte speel.

Loop die moordenaar in die hospitaal rond? En wie stuur dreigende briewe aan Libby oor haar verlede?

Sagteband, 288p

Aankoopskakel:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/bloed-van-n-vlinder

Marieta Carrick-author

OK, ok, op die karikatuur-wa! Oulik โ˜†
05/02/2026

OK, ok, op die karikatuur-wa! Oulik โ˜†

Kersfeeswonderwerk - Elsa Winckler - SkrywerJess Faber is groot vriende met haar vriendin Sabella se swaer, die bekende ...
11/12/2025

Kersfeeswonderwerk - Elsa Winckler - Skrywer

Jess Faber is groot vriende met haar vriendin Sabella se swaer, die bekende sjef Erasmus Steyn. Sy is nie onbewus van hoe aantreklik hy is nie, maar sy is nie van plan om ooit te trou nie. Om vriende te wees is net baie minder gekompliseerd. Maar toe kry sy nie die bevordering wat sy gehoop het sy sal kry en besluit om al haar lysies en boksies weg te gooi. Sy oorweeg selfs โ€™n one-night stand met โ€™n vreemdeling. Toe Erasmus ewe hulpvaardig aanbied om haar one-night stand te wees, verander hulle vriendskap binne minute in iets heeltemal anders. Jess is huiwerig om haar hart oop te maak vir liefde en bly skuil agter haar ongelukkige kinderjare. Kan โ€™n kersfeeswonderwerk twee harte een maak?

Romanza Stoom 18+ (Mills & Boon)

https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/kersfeeswonderwerk

Address

8/59 Paul Matthews Road
Albany
0632

Opening Hours

Monday 10am - 3pm
Tuesday 10am - 3pm
Wednesday 10am - 3pm
Thursday 10am - 3pm
Friday 10am - 3pm
Saturday 10am - 12pm

Telephone

+64275240383

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SAarkie Stories posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to SAarkie Stories:

Share

Category