SAarkie Stories

SAarkie Stories Afrikaanse boekwinkel with some popular English titles Saarkie Stories is meer as net n storie.
(1)

Nuwe Afrikaanse leesboeke (van baie jonk tot jonk), fiksie, nie-fiksie, iets vir elkeen om te lees.

- Nuwe boeke verkope op ons webtuiste & in Albany se winkel, aanlyn biblioteek. Webtuiste: www.saarkiestories.co.nz

- Ons stel belang in enige Afrikaanse boeke wat nie meer n plekkie het nie, epos: [email protected]

- Unit O, 6 Rosedale Road, Windsor Park, Albany, Auckland, 0362, New Zealand

Jinne maar dis ietwat aan die koue kant in die oggend! Bly warm die naweek en die week wat kom met 'n roman wat nie net ...
30/07/2026

Jinne maar dis ietwat aan die koue kant in die oggend! Bly warm die naweek en die week wat kom met 'n roman wat nie net jou hart sal laat warm kry nie, maar 'n kombersie en 'n kaggel sal ook help!

REBEKKA van Kameeldoornplaas - IRMA JOUBERT

"Op elf het Rebekka baie oorleef: Sy was kampkind in die Anglo-Boereoorlog en nou is sy brandarm bywonerskind op Kameeldoornplaas. Kort voor lank word sy kinderwager vir ryk Engelse en is op 'n skop op pad Engeland toe."

Tonele wat afspeel in 'n sprokiesagtige Oxford, struwel Bekkie met wie sy is. Kaalvoet Afrikanerkind.....of wereldwyse Rebekka van Oxford.......

Aankoopskakel: https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/rebekka-van-kameeldoringplaas-irma-joubert

* Bok-Rugby Fever * ... is heating up the seats for yet another game of unexpected expected!  Last weeks win against Eng...
11/07/2026

* Bok-Rugby Fever * ... is heating up the seats for yet another game of unexpected expected! Last weeks win against England, today is Scotland's on Loftus and next weekend, Wales. What a line up of round 1, 2 & 3! If you have not yet decorated your table in green and gold balloons, green ice-buckets (or Springbok coffee-cups) there are a handful of items left for you!

https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/south-african-merchandise

KAROO MANNA! Baie dankie 😍😍Vanaf 30 Junie 2026 gaan ons weer lekker kook vir winter! Smullekker resepte wat verwagtinge ...
13/06/2026

KAROO MANNA! Baie dankie 😍😍

Vanaf 30 Junie 2026 gaan ons weer lekker kook vir winter! Smullekker resepte wat verwagtinge oorskry - veral vir ons in die buiteland - hier kom 'n bietjie Karoo na ons toe.

Aankoop skakel:
Afrikaans of Engelse weergawes.

https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/kookboeke

Lees meer oor Karoo Manna (Marie Brumm)

KAROO MANNA - AFRIKAANS

Karoo Manna is 'n versameling van 277 huiskosresepte - 'n kombinasie van Suid-Afrikaanse treffers, klassieke gunstelinge en nuwe idees. Dit is propvol inspirasie vir sowel beginnerkokke as ou hande in die kombuis. Die meeste van die disse verg min moeite, want niemand het meer tyd om ure voor die stoof deur te bring nie.

Daar is iets wat soos huis voel aan 'n varsgebakte brood of 'n warm nagereg pas uit die oond. Kos bring mense bymekaar, veral wanneer dit met liefde voorberei word. Elke resep in hierdie boek is met sorg deur my en my ma saamgestel, geïnspireer deur familietradisies, nuwe ontdekkings en ons gesamentlike passie vir kosmaak, almal getoets en vervolmaak in ons kombuise.

Of jy nou 'n vinnige aandete maak of 'n spesiale maaltyd vir familie en vriende voorberei, ons hoop hierdie boek inspireër jou om met selfvertroue en kreatiwiteit te kook. Mag elke gereg 'n storie vertel, en mag Karoo Manna die hartjie van jou huis warm hou.

Alle eer aan God.

KAROO MANNA ENGLISH

Karoo Manna is a collection of 277 recipes for the home cook — a mix of South African favourites, timeless classics and fresh takes. It’s filled with inspiration for both beginner and experienced cooks. Most of the dishes require little effort, because who has hours to spend in front of the stove these days?

There’s something comforting about a freshly baked loaf of bread or a warm pudding. Good food brings people together, especially when it’s prepared at home with love. My mother and I have thoughtfully compiled, tested and perfected every recipe in this book, drawing on family traditions, new discoveries and our shared passion for cooking.

Whether you’re making a quick weeknight dinner or preparing a celebratory feast for family and friends, we hope Karoo Manna inspires you to cook with confidence and creativity. May every dish spread joy, and may this book help keep the heart of your home warm.

All glory to God.

Net so op die regte tyd vir die nat weer oppad, 'n lekker Afrikaanse nuwe bordspeletjie van Spoednik is nou in Nieu-Seel...
28/05/2026

Net so op die regte tyd vir die nat weer oppad, 'n lekker Afrikaanse nuwe bordspeletjie van Spoednik is nou in Nieu-Seeland beskikbaar: Aanlyn of by ons winkel in Paul Matthews Straat:

https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/bordspel

"Wat is nou lekkerder as om jouself in jou taal uit te leef – Om te leer, speel, dig en sing in Afrikaans? Dis kleurvol, dis kreatief, dis ougat, dis opwindend, dis poenankies ... Dis Afrikaans!

Die Afrikaans 100-bordspel herdenk saam met miljoene mense Afrikaans, My Taal se 100-jarige bestaan as amptelike taal.

Afrikaanssprekendes is lief vir hul taal, en ons almal Eet, Slaap en Praat Afrikaans.
Die Afrikaans 100-bordspel bring mense saam in die mooiste, soetste taal – families, vriende en vreemdes. Gesinne en gesante, die skoonfamilie, grootouers, kleinkinders, oompies en tannies, asook jou makkers, tjomme, pêlle, vyande, mededingers, opponente, kollegas, medewerkers en spanmaats; almal bymekaar om Afrikaans te vier deur genotvolle samesyn, met of sonder biltong, melktert, koeksisters, rooibostee of brandewyn.

Die Afrikaans 100-bordspel is heerlik interaktief, met spanne of spelers wat mekaar laat skaterlag met hul sang of fluite, welluidende, droomsagte en klipharde gedigte wat die gemoed laat smeul, skreeusnaakse idiome en sêgoed, beskrywing van lawwe, koddige, aardige en eg Suid-Afrikaanse woorde, die besonderse uitdaging óf nagmerrie om moeilike woorde reg te spel en ook sommer om ’n klomp dinge/goeters/ietse en feite oor Afrikaans, Afrikaanswees of Afrikaanse mense te leer."

What is in the box?:
Box: Base & lid
Play board: Yes
Playing cards: Songs, poetry, idioms, decipher, s-p-e-l-l-i-n-g, choose wisely, pipsqueaks (380 cards)
Components: 6 plastic play pieces
Other: Hourglass, poetry booklet
Die: Yes
Rules: Yes

Ander beskikbaar: Legkaarte, Boereplaas, Idiomepret en meer.

Genugtig, as daar nou een ding is wat mens baie doen in Nieu-Seeland is dit trek 🤣. Ons het nou 'n slpinternuwe winkel, ...
12/05/2026

Genugtig, as daar nou een ding is wat mens baie doen in Nieu-Seeland is dit trek 🤣. Ons het nou 'n slpinternuwe winkel, en kan gesien word van die straat af en ons mag die keer darm 'n naambord opsit. Nuwe adres is: 8/59 Paul Matthews Road, Albany. 2 minute van die vorige perseel af.

*Die Begenadigdes - deur Francine Rivers*Die vroue in Jesus se geslagsregister was dapper, het risiko’s geneem en die on...
05/03/2026

*Die Begenadigdes - deur Francine Rivers*

Die vroue in Jesus se geslagsregister was dapper, het risiko’s geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wêreld voort te bring.

Ons leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Die lesse wat ons by hierdie vroue kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het.

Die verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus is nou in een boek beskikbaar. Tamar was ’n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeëwenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid.

Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wêreld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jóú insluit.

Sagteband 150 x 220 mm met 592 bladsye.

Aankoopskakel:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/a-voice-in-the-wind-by-francine-rivers-jwfm7-wx2x5-z8k72

www.saarkiestories.co.nz

Riviere in die wildernis - Karlien Van JaarsveldIn die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar...
05/03/2026

Riviere in die wildernis - Karlien Van Jaarsveld

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit.
Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister. Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge. In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie. In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds 'n halleluja te sing.

ISBN 9781779880581, Formaat: Sagteband

Aankoopskakel: $35.00
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/riviere-in-die-wildernis?rq=riviere

,

Messenger of God by Adriaan Snyman (Siener van Rensburg)Van Rensburg not only foretold the future of South Africa, but a...
03/03/2026

Messenger of God by Adriaan Snyman (Siener van Rensburg)

Van Rensburg not only foretold the future of South Africa, but also that of England, Europe, America, Japan and Russia. Before his death in 1926 he predicted that ethnic violence will explode worldwide after the turn of the century and start World War III. He describes the events on the battlefields of the world in such detail as though he himself had been an eye-witness.

Here are some of the prophecies he made from 1899 until his death in 1926:

• Outbreak of the Anglo-Boer War and that South Africa will lose that war
• The First World War, the Flu epidemic and the Second World War
• Dr. HF Verwoerd, former Prime Minister, will be murdered.
• The nuclear disaster at Chernobyl on April 26 1986
• The divorce and murder of a beautiful English noble woman in a ‘car accident’ and who
would be mourned by the whole world
• The release of Nelson Mandela by ex-President F W de Klerk
• South Africa will be governed by a black government
• Japan's destruction by earthquakes, and that
• England will be struck by seven terrible plagues when World War III is at hand

The astounding prophecies in this book are of great importance, not only to South Africans, but also to the people of the Western world.

Shopping Link: ENGLISH
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/messenger-of-god-siener-van-rensburg-eng

Aankoopskakel vir AFRIKAANS:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/siener-van-rensburg-boodskapper-van-god?rq=boodskapper

Die Bybel 2020 Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelik...
02/03/2026

Die Bybel
2020 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.
Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae.

• 9 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint

Aankoopskakel:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/bybel-swart-hardeband

𝗢𝗺 𝘄𝗲𝗲𝗿 𝘁𝗲 𝗱𝗿𝗼𝗼𝗺 - 𝗘𝗹𝘀𝗮 𝗪𝗶𝗻𝗰𝗸𝗹𝗲𝗿Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluit...
01/03/2026

𝗢𝗺 𝘄𝗲𝗲𝗿 𝘁𝗲 𝗱𝗿𝗼𝗼𝗺 - 𝗘𝗹𝘀𝗮 𝗪𝗶𝗻𝗰𝗸𝗹𝗲𝗿

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die b***e in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Elsa Winckler - Skrywer

ISBN 9780639605494 / Formaat: Sagteband

Aankoopskakel $20.00:
https://www.saarkiestories.co.nz/boekwinkel-bookshop/p/om-weer-te-droom

Address

8/59 Paul Matthews Road
Albany
0632

Opening Hours

Monday 10am - 3pm
Tuesday 10am - 3pm
Wednesday 10am - 3pm
Thursday 10am - 3pm
Friday 10am - 3pm
Saturday 10am - 12pm

Telephone

+64275240383

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SAarkie Stories posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to SAarkie Stories:

Shortcuts

Share

Category