Kaggel Katjies

Kaggel Katjies Decor hoekie vir huis en kombuis Dekor, huis en kombuis toebehore

15/12/2014

Hallo almal...vriende en vriendinne! Kaggelkatjies gaan sy deurtjies toe maak in 2015! Baie hartseer, maar dit is nou so. Van die goodies wat ek nog het gaan bietjie op sale! Inbox as julle iets spesifieks soek. Mag julle 'n heerlike, liefdevolle en gesonde Kerstyd saam met geliefdes beleef! Wees jolig en dekoreer jou kers tafel sommer met al die kleure en nie net met twee nie....hoe meer kleur hoe meer lag! Gebruik hierdie jaar ou koerante met 'n skeut verf vir geskenk papier en maak kers kaartjies met papier borde en servette! Maak jou kapstok jou kersboom hierdie jaar (soos ek gemaak het) en sit elke kleur tinsel wat jy in die hande kry daarop neer! Geniet julle kerstyd! Groete van die katmoeder!

07/11/2014

Hallo vriende en vriendinne! Ongelukkig kan ek nie meer in Otjiwarongo wees die naweek vir die Kersmark nie. Omstandighede laat dit nie toe nie! Maar daar is weer markte en stalletjies so ons werk net harder vir 'n toekomstige show!

16/09/2014

Hulle sê dat die oë die vensters van die siel is! Net so voel ek dat die kombuis die siel van 'n huis is! Ek het van kindstyd af meer van die kombuis gehou as enige ander plek in die huis! Daar kan jy lag, huil, gil, stil wees en bowenal jouself wees! Daarom voel ek 'n kombuis moet weerspieël wie en wat jy is! Dit geld vir dames sowel as alleen mans! Julle (manne) se kombuise kan ook maar wys waarvan julle gemaak is! Hang 'n eierspaan by jou stoof en 'n teelepel by jou ketel! Dis goue reëls, want sowaar as wat die suidwester waai, jy loop altyd sonder 'n lepel ketel toe en die eiers is al blou en rubber teen die tyd wat jy jou spaan uit die laai grawe! Meeste laaie in die kombuise van vandag is eintlik maar begraafplase vir stukkende spane, stomp messe en krom vurke....en dan iets wat jy al 20 jaar het maar nog nooit gebruik het nie of hoegenaamd nie eers weet waarvoor mens dit gebruik nie! Die het ek ook! Maar 'n kombuis is nie 'n kombuis as hy nie hierdie laaie het nie, want hierdie laaie is daar vir herinneringe aan ouma as jy haar suikerlepeltjie raakloop, of 'n vinnige gedagte aan jou dogtertjie/seuntjie toe hy/sy klein was en jy vir hulle ou houtlepels gegee het om op die potte te slaan! Miskien delf jy jou eerste stel steak messe op wat 'n trou geskenk was. Hulle is hoeka stomp en jou ander helfte het een of twee van hulle gebruik vir skroewedraaiers of pyp snyers! Useless vir sy oorspronklike gebruik, maar nie vir jou herinneringe aan jou hubby, seun, oom, vader of oupa nie! Maak hierdie laaie so af en toe oop en gaan daar deur. Geniet dit en decorate jou kombuis met hierdie memories en dingetjies! Geniet julle kombuise, tot 'n volgende keer!

16/09/2014

Hallo Almal. Hoop dit gaan goed! Ek en my goodies gaan die 8ste November Otjiwarongo se straat/kersmark bywoon! Ek sal heel paar van eie handgemaakte geskenke he, maar ook nog heel paar van Biggie Best se produkte! Kom join ons daar en net miskien gee ek jou 'n blikbeker met regte boeretroos in!

14/07/2014

Hallo aan alle katte, mannetjies en wyfies!! Ek het stickers by my op die oomblik. Laat weet as ek vir jou die inligting moet stuur van dit wat ek beskikbaar het! Die nuwe katalogus van stickers en kinderkamer nagliggies is ook beskikbaar! Kyk daarna en beleef die wereld heeltemal anders! "n Mooi sinsnede teen jou muur om jou elke dag te herinner wat belangrik is, of 'n mooi kleurvolle prentjie om jou huis warm te laat giggel! Wat van die nuwe muur papier in 'n kamer of 'n animal growth chart vir die klein vreugdetjies in ons lewe? Die pragtige nuwe nagligte vir die kinders se kamers is nie net ligte nie, maar ook stickers en gesels met die kinders! As jy nie iets vind in die katalogus waarvan jy hou nie, dan laat maak ons vir jou iets na jou smaak! Daar is niks so lekker soos om jou huis te verander en te maak sodat jy daarvan hou nie! Ons huise is die vensters na ons harte en is daar vir free expressions!

01/07/2014

Hallo alle vriende! Ek het die nuwe katalogus van Fantastick stickers gekry. Inbox my as julle die link soek.

17/04/2014

Hallo alle katvriende! Hoop dit gaan baie goed met julle almal. My skoonmoeder verjaar nou die 21ste April en ons d**k daaraan om vir haar 'n koek en tee te gee!Iets waarmee jy heel lekker kan speel!

Daar is soveel maniere om 'n koek en tee op te kikker. Daar is goedkoop manier en duur maniere. Een goedkoop manier om 'n koek en tee te hou is eerstens papier borde. Dit klink snaaks, maar papier borde kan eintlik baie mooi versier word. Jy kan ou knope(wat ons almal het), skulpies, krale ens vat en hulle vasplak op die borde se rante. Jy kan ook klein gaatjies op die borde se rante maak en lintjies deurtrek. As jy nou heel cool wil wees sit jy sommer klein kraletjies aan die lintjies vas. Nou is jou borde versier!
Jy kan dieselfde konsep gebruik om jou koek vurkies ook te versier.

As jy servette gebruik en jy het nie servet ringe nie, sny sommer repies uit 'n sagte karton, plak die punte vas volgens die grootte wat jy wil he en sit dieselfde versiering op die ring as wat jy op jou borde en vurke het.

Ek het nou die dag 'n oulike idee gehad. Ek het vinger kos bedien ook op papierborde, maar ek het in die middel van elke bord 'n klein gaatjie gemaak en 'n roos in elke bord se middel ingedruk! Natuurlik is my rose eers baie goed gewas. Roosblare is eetbaar so jy kan dit as versiering gebruik in kos. Nodeloos om te se dat my gaste baie gemaklik en gewaardeerd gevoel het omdat elkeen 'n blommetjie gekry het!

Nogsteeds by die goedkoper manier van koek en tee bedien, kan jy vir tafeldoeke crepe papier gebruik. Gebruik meer as een kleur vir 'n vrolike atmosfeer of net twee kleure. Jou keuse. Sny een kleur van die crepe papier in repies en strooi dit op die tafel bo-op die ander kleur papier! Strooi tussen in van dieslfde versierings as wat jy op jou borde en vurkies het.

As jy dit eenvoudig wil hou, gooi 'n wit tafeldoek oor en sit 'n mooi flower arrangement neer.

As jy dalk d**k aan 'n tee en koek in die tuin, kan jy dit mooi versier met verskillende koppies en pierings. Mooi groot en helderkleurige teepotte en oral verskillende kleure tafeldoeke.

Ek was eenkeer by 'n all white tea party! Dit was groot fun! Alles was wit en ons almal het wit klere aangehad. Die enigste kleur was ons oë en die eetgoed! Jy kan so lekker speel met kleur en teksture. Gaan mal, oor eet en kuier 'n hond uit 'n bos!

Groete van die katmoeder.

02/04/2014

Hallo daar my vriende! My Biggie Best stock se pryse is drasties verlaag! Kontak my op facebook as jy iets sien waarvan jy hou en ek maak 'n plan vir prrrrrrragtige prys! Ek doen dit omdat ek graag nuwe en ander tipe decor goedjies wil inbring. Iemand het my ook gevra of ek nie van Sarie se klere uit SA wil inbring nie. As julle sou belangstel daarin laat my weet sodat ek kan sien of dit die moeite werd is! Lekker dag katte en kieties....praat weer!

30/03/2014

Hallo Kieties! Ek het my nuwe Fantastick Vinyl stickers gekry! Was gister op die vlooimark gewees en bietjie promote! Ek sal nou in hierdie week 'n paar fotos opsit van die stickers! Kom kyk gerus na dit wat ek het en as jy nie kry wat jy soek nie, dan bestel ek vir jou! Met groot purrrrr-liefde! Lekker naweek verder! Die katmoeder.

Liewe katte.  Hier is 'n paar foto's van goed wat ek kan maak op bestelling!  Asook die foto van my kombuis se geverfde ...
13/03/2014

Liewe katte. Hier is 'n paar foto's van goed wat ek kan maak op bestelling! Asook die foto van my kombuis se geverfde muur! Ek sal mettertyd nog foto's plaas van hampers, kaartjies ens wat ek ook maak! Hoop julle hou hiervan en kry iets spesiaals vir elkeen. Groete. Die groot kat!

11/03/2014

Hallo alle katvriende! Hoop dit gaan goed! My man het nou die dag(3 jaar terug) 'n kas bokant my wasbak afgehaal, want ek is te kort om by my goed binne-in uit te kom! Toe kas afgehaal word was daar vir lank niks bo-kant die wasbak nie en my moeder sou kom kuier die Desember van daardie jaar! Toe een aand raak ek verveeld(kan baie gevaarlik wees in my geval) en besluit dat ek mos verf en twee hande het en dus iets daarmee kan maak! Het die hele blok, waar die kas was, agtergrond geverf en toe curley swirls opgeverf in verskillende kleure! Ek het gelukkig nie 'n kombuis wat aan 'n spesifieke kleur gekoppel word nie. Ek is bont, dus is my kombuis ook bont! Ek het een van my eie creations waarop staan: Liana's Kitchen, daarby vasgesit en siedaar, sommer 'n heel nuwe kombuis!

Moeder is mal daaroor en al die vriende d**k ek is vreeslik vindingryk!

Wat ek hierdeur probeer se is, moenie dat 'n oop spasie jou afsit nie! Gebruik dit wat jy in jou huis het en create vir jou iets unieks en iets wat jou pas. Onthou JY lewe in jou huis, nie ander mense nie, dus moet jy dit vir jou inrig, want dit is jou toevlug!

Met verf kan jy so baie doen. En dit hoef nie eers 'n prentjie te wees nie. Dit kan sommer net dots, strepe of curley swirls wees. En moenie te erg coulour co-ordinate nie! Daar is niks so vervelig soos alles wat volgens een of twee kleure gaan nie! Bring die sonskyn en liefde in jou huis in met kleur en swaai daai verf kwaste met gusto!

Geniet julle volgende verf projekte en gesels weer volgende keer met julle!

Groete van die katmoeder!

10/03/2014

Hallo aan alle vriende. Ek wil net vinnig laat weet dat ek die 29ste Maart op die vlooimark gaan uitstal. Dit is langs die Moth club. Kom kyk na die mooi goedjies wat ek het en dan ook sommer na die stickers. Ek sal van die stickers en die ander goedjies katalogusse he waarna julle kan kom kyk en bestel indien ek iets nie het nie! Hoop om julle daar te sien! Groete.

Address

68 Mandume Ndemufayo Circle Meersig
Walvisbaai
9999

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kaggel Katjies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kaggel Katjies:

Share

Category