Katbos & Kambro

  • Home
  • Katbos & Kambro

Katbos & Kambro Health supplements at an affordable price.

01/09/2025

Die voordele van Magnesium Glycinate:

31/07/2025
19/05/2025
03/05/2025

2 Mei
Ek het so n paar jaar gelede die storie met julle gedeel:
DIE BYBEL EN DIE KOLE MANDJIE:
Die storie word vertel van ‘n ou man wat op ‘n plaas in die berge saam met sy kleinseun gebly het. Elke oggend was Oupa al vroeg op en het by die kombuistafel gesit en uit sy ou verslete Bybel gelees.
Sy kleinseun, wat net soos sy Oupa wou wees, het hom nageboots in alles wat hy doen.

Een dag vra die kleinseun hom,
“Oupa, ek probeer elke oggend om die Bybel te... lees net soos jy, maar ek verstaan dit nie en dit wat ek verstaan vergeet ek so vinnig soos wat ek die Bybel weer toemaak. Watse goed doen dit om die Bybel te lees?”

Die Oupa draai stadig om terwyl hy besig was om kole in die koolstoof te sit en sê, “Neem die kolemandjie na die rivier en bring vir my ‘n mandjie vol water terug.”
Die seun het gedoen soos sy Oupa hom gevra het, alhoewel al die water uitgeloop het nog voordat hy die huis kon bereik.
Die Oupa lag en sê, “Jy sal volgende keer bietjie vinniger moet wikkel met die mandjie water,” en stuur hom terug rivier toe met die mandjie om weer te probeer.
Die keer hardloop die seuntjie vinniger, maar die mandjie was weer leeg voordat hy by die huis aankom.
Uitasem, vertel hy sy Oupa dat dit onmoontlik is om water in ‘n mandjie te dra en hy gaan haal die emmer op die stoep om te gebruik in plaas van die mandjie.
Die Oupa antwoord, “Ek soek nie ‘n emmer water nie, ek soek ‘n mandjie water. Jy kan dit doen. Jy probeer net nie hard genoeg nie,” en hy stap buitentoe om die seun dop te hou terwyl hy weer probeer.

Om aan sy Oupa te wys hardloop hy so vinnig as wat hy kan, maar daar is nie ‘n manier wat die water nie sal uitloop nie.
Die seun skep die water en hardloop vir al wat hy werd is maar toe hy by sy Oupa uitkom is die mandjie weereens leeg.
Uitasem, hyg hy, “Sien Oupa, dit is hopeloos!”
“So jy d**k dit is ‘n hopelose saak?” sê die Oupa, “Kyk na die mandjie.” Die seun kyk na die mandjie en vir die eerste keer besef hy dat die mandjies anders lyk. In plaas van ‘n ou vuil kole mandjie, was dit nou skoon.
“Seun, dis wat gebeur as jy die Bybel lees. Jy mag dalk nie miskien alles verstaan of onthou nie, maar wanneer jy dit lees, sal dit jou van binne verander.”

Dit is die werk van God in ons lewens.
Om ons te verander van binne na buite en om ons stadig te omvorm na die beeld van Sy Seun.
Neem tyd om ‘n stukkie van Vader se Woord elke dag te lees.
Bid dat Hy dit sal gebruik om jou hart en jou lewe te verander
(geleen - skrywer onbekend)

"Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige." Psalm 119:130 NLV




As ek maar net vir julle elke dankbare boer en boervrou se boodskap kan speel, sal jy ook besef ons lewe eintlik in weel...
09/03/2025

As ek maar net vir julle elke dankbare boer en boervrou se boodskap kan speel, sal jy ook besef ons lewe eintlik in weelde wanneer 1 vrou nie geld gehad het vir 1 blok Margarine nie. ASB share die boodskap, maak n skenking. R200 kan vir 8 gesinne hul noodsaaklike Margarine koop. Geen skenking is te klein nie. Saam maak ons n groot verskil.

Heimat. Hoekom daai woord?
My ma het eendag iets geskryf oor Heimat (Huis). Waar is die plek wat sy haar Heimat kan noem as sy al so baie rond getrek het in haar lewe. En toe eindig dit met haar Heimat is so wyd soos die Heer se genade. Dit is die vrystaat vlaktes, die dorre karoo, my kinders, my huis tussen my lappe en wol en verf.
So Heimat, sodat ons n "huis" vir elke boervrou kan gee.

Ek kan die lyste van wat ons vir elke gesin insamel vir jou stuur as jy voel jy wil liewer op so manier n bydrae lewer.

Groete
Herma

Address


Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27726055141

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Katbos & Kambro posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Katbos & Kambro:

  • Want your business to be the top-listed Shop?

Share