21/06/2021
Die afgelope naweek het ons pop-up musiekwinkel weer heelwat harte bly gemaak met onder andere APPEL se nuwe cd 'Hardwerkende Man' wat soos soetkoek verkoop het.
Hierdie week is daar nog 'n paar pakkies in die pos van onder meer Gerrie Pretorius se eksklusiewe skaars uitgawes...
Produkte van Coleske kunstenaars en Afrikaans is Groot cd's en dvd's was weereens baie gewild by die Pretoria Boeremark.
PS. Ons het besluit om agv die derde vlaag bietjie laag te lê wat die pop-up winkel betref... Vir eers... MAAR‼️‼️
Ons pos steeds landswyd teen dié beste pryse!!
Gaan loer intussen na ons webblad in wording by www.musiekwinkel.co.za & kyk hoe ons weekliks ons katalogus opdateer.
Ons het boonop ook Jennifer Zamudio cd's en items van haar klerereeks beskikbaar, asook bitter skaars Ddisselblom cd's wat Johrne van Huyssteen spesiaal aan ons oorhandig het... 📀💿
Vir enige navrae of bestellings epos ons gerus by [email protected]
Ons kan ook vir jou 'n volledige lys stuur van wat ons beskikbaar het. Kontak ons gerus ook via die WA-button op ons Facebook blad en deel gerus die plasing met almal wat jy weet steeds belangstel in fisiese kopieë van 'n cd of dvd.
Vra maar ons lojale kliënte wat laat weet het hulle pakkies het veilig aangekom in plekke soos Gansbaai, Montagu, Kempton Park, Thabazimbi, Potchefstroom, Postmasburg, Cape Gate en die lys gaan aan.
Sien uit om van jou óók te hoor.
Ons Musiek winkel bly oop, nadat meeste winkels toegemaak het...
Musiek-groete,
Francois Van Rensburg / Pieter Cloete 💿📀