15/02/2024
Peter Cloete het saam met sy broer, Jaco, die langpad na Doorndraai dam in Limpopo aangepak in Desember. Hul hengeluitstappie skop af met kamp opslaan en voerplek maak, waarna hul Vrydagoggend vroe hul lyne inkry.
Dit was bloedig warm met doodstil water en net 'n effense piep-piep op die lyn het tussendeur die stilte gebeek. Teen Saterdag oggend het Peter sy stok vas gemaak en daar was 'n pragkarp van 9.5 kg vas! Die vis get gebyt op Bruised Banana Tigernut op 'n KD rig. Peter het egter bitterlik siek geword en Jaco moes verder alleen die lyne dophou terwyl hy die dokter besoek het.
Terug by die dam het 'n klein karp van 5.5 kg, wat gebyt het op 'n Berry Blitz tigernut met kuns tigernut, hom vir 'n oomblik van sy siekte laat vergeet, maar met stormreën wat gevolg het, was dit moeilik om verder te vang.
Terwyl hul Sondag opgepak het, het Peter nog 'n vis gevang van so 7 kg, wat hul ongelukkig nie kon afneem nie, omdat hul fone reeds pap was. Dié vis is aangekeer op twee Maize Blaze tigernus met twee kunsmielies met Maize Blaize booster op. Alhoewel hul ooreenstem dat Doorndraai dalk dié rondte gewen het, het hul reeds begin beplan aan hul volgende uitstappie.