21/08/2025
✨ Belangrike Aankondiging ✨
Liewe kliënte,
Destiny Creations sal vanaf 1 September tot verdere kennisgewing gesluit wees aangesien ek na ’n ander provinsie verhuis.
Hierdie was nie ’n maklike besluit nie en ek is baie hartseer daaroor. Ek wil elkeen van julle opreg bedank vir julle ondersteuning deur die jare – dit het vir my ongelooflik baie beteken. Ek gaan julle almal vreeslik mis. 💕
Met waardering,
Yolandi Marais - Destiny Creations