16/12/2025
Laasweek by Bloemhof het Gary sy nuwe Mega en Mega Popper gaan toets. 'n Vinnige twee babers later was die vertroue hoog.
Toe gooi hy die Mega weer, ongelukkig breek sy lyn tussen die leader en die hooflyn (dit gebeur selfs in die beste families 🙈).
Die Mega land so drie meter van die boot af in die water en begin stadig wegdryf.
Gary gryp vinnig sy ander stok om die Mega te probeer haak. Net toe hy hom wil optel, gebeur dit. 🤣 ’n Vis trek die Mega onder die water in met ’n massiewe reverse pop🙈.
Alles weg! Baber, Mega en Mega Popper. Gary het sonder sy Mega huis toe gegaan, maar met ’n storie wat hy nog lank sal onthou. 🎣🎣