Ons Winkel Graaff-Reinet

Ons Winkel Graaff-Reinet Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. ONS WINKEL GRAAFF-REINET
SOLIDARITEIT HELPENDE HAND:

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikke

ling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

✨ Groot nuus, Graaff-Reinet!Ons Winkel Graaff-Reinet het nou ’n nuwe tuiste Kom loer gerus in by ons nuwe perseel by:📍 K...
12/05/2026

✨ Groot nuus, Graaff-Reinet!
Ons Winkel Graaff-Reinet het nou ’n nuwe tuiste

Kom loer gerus in by ons nuwe perseel by:
📍 Kerkstraat 38, Graaff-Reinet

Ons sien uit daarna om julle daar te verwelkom — dieselfde hart vir die gemeenskap, net ’n nuwe adres!

Vir meer inligting kontak Riana:
📞 072 696 1395

04/05/2026

Groot uitroep vir my jongste topaanhangers! Glenda Bowkers, Dial Williams, Yolande Scheffer, Madelein Francis, Elize Solomon, Lizzie Barendse Mafeking

04/05/2026

Ons Winkel Graaff-Reinet gaan n paar dae toe wees ons is besig om te skuif van persele jammer vir enige ongerief.

Big shout out to my new rising fans! Magda Claassen
01/05/2026

Big shout out to my new rising fans! Magda Claassen

20/04/2026
Big shout out to my newest top fans! 💎 Jøsh Wayne, Glenda Bowkers, Dial Williams, Yolande Scheffer, Madelein Francis, El...
20/04/2026

Big shout out to my newest top fans! 💎 Jøsh Wayne, Glenda Bowkers, Dial Williams, Yolande Scheffer, Madelein Francis, Elize Solomon, Miempie van Wyk, Lizzie Barendse Mafeking

Drop a comment to welcome them to our community,

Van ons pragtige nuwe voorraad wat ingekom het
20/04/2026

Van ons pragtige nuwe voorraad wat ingekom het

Big shout out to my new rising fans! Marisa Scheepers, Erika Jooste
11/04/2026

Big shout out to my new rising fans! Marisa Scheepers, Erika Jooste

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Vuyokazi Klaas Ndaba, Kaizer Cata, Andel Jaftha, Avni Ant...
11/04/2026

Shout out to my newest followers! Excited to have you onboard! Vuyokazi Klaas Ndaba, Kaizer Cata, Andel Jaftha, Avni Anthea, Rid Waan

Address

38 Church Street
Graaff-Reinet
6280

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27726961395

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Graaff-Reinet posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Graaff-Reinet:

Share